Golgota
683
nie. Deur daardie hele onreg- verdige verhoor het Hy homself met
standvastigheid en waardigheid gedra. Maar toe die kruis na die
tweede kastyding op Hom gelê is, kon Sy menslike natuur dit nie
meer uithou nie. Hy het flou neerge-val onder die las.
Die skare wat Jesus gevolg het, het gesien hoe uitgeput Hy was
en hoe Hy gewaggel het, maar hulle het hulle nie oor Hom ontferm
nie. Hulle het Hom verwyt en sleggemaak omdat Hy nie die swaar
kruis kon dra nie. Weer is die kruis op Hom gelê, en weer het Hy
onder die las beswyk. Sy vervolgers het gesien dat Hy onmoontlik
nie Sy las verder kon dra nie. Hulle het nie geweet waar om iemand
te kry om die vernederende drag te dra nie. Die Jode self kon dit nie
doen nie, want dit sou hulle verontreinig sodat hulle nie die Pasga sal
kan eet nie. Selfs onder die gepeupel was daar niemand wat homself
wou verneder om die kruis te dra nie.
Net toevallig het Simon van Cirene, wat van die veld af gekom
het, die skare teëgekom. Hy hoor die lawaai en verwyte van die
skare; hy hoor hoe hulle spottend die woorde herhaal, Maak pad vir
die Koning van die Jode! Hy staan die toneel verbaas en aankyk, en
terwyl hy uiting gee aan sy medelyde, gryp hulle hom en plaas die
kruis op sy skouers.
Simon het van Jesus gehoor. Sy seuns was gelowiges in die Here,
maar hy self was nie ’n dissipel nie. Dit was ’n seën vir Simon om
die kruis na Golgota te dra, en vir altyd daarna was hy bly oor die
[764]
voorreg. Dit het hom beweeg om die kruis van Christus vrywillig op
te neem en dit blymoedig te dra.
Daar was ’n aantal vroue onder die skare wat die Onskuldige na
Sy wrede dood gevolg het. Hulle oë was op Jesus gevestig. Sommige
van hulle het Hom voorheen gesien. Sommige het hulle siekes en
lydendes na Hom toe gebring. Ander is self genees. Hulle vertel van
die tonele wat afgespeel is. Hulle is verbaas oor die haat van die skare
teenoor Hom oor wie hulle eie harte gebroke is. En nieteenstaande
die handelwyse van die waansinnige skare, en die bitsige woorde
van die priesters en owerstes, het hierdie vroue uiting gegee aan
hulle medelyde. Toe Jesus daar onder die kruis neersak, het hulle
geween.
Dit was die enigste ding wat Christus raakgesien het. Alhoewel
Hy self in die grootste pyn verkeer het, en terwyl Hy die sondes van
die wêreld gedra het, het Hy nie hulle droefheid onverskillig laat