Page 686 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Golgota
EN toe hulle kom op die plek wat hoofskedel genoem word, het
hulle Hom daar gekruisig.”
Daarom het Jesus ook, om die volk deur Sy eie bloed te heilig,
buitekant die poort gely.” Heb. 13: 12. Vir die oortreding van die
wet van God, is Adam en Eva verban uit die tuin van Eden. Christus,
ons plaasvervanger, moes buitekant Jerusalem ly. Hy het buitekant
die poort gesterf, waar misdadigers en moordenaars tereggestel is.
Die volgende woorde het baie groot betekenis: “Christus het ons
losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ’n vloek te word.”
Gal. 3:13.
n Groot skare het Jesus gevolg van die geregsaal na Golgota.
Die nuus van Sy veroordeling het deur Jerusalem versprei, en mense
van alle klasse en Stande het na die plek van kruisiging gestroom.
Die priesters en owerstes was deur ’n belofte gebind om nie die vol-
gelinge van Christus te molesteer nie as Hy self aan hulle oorgelewer
sou word, en die dissipels en gelowiges van die stad en omstreke het
aangesluit by die skare wat die Heiland gevolg het.
[763]
Toe Jesus by die poort van Pilatus se hof verbygaan, is die kruis
wat vir Barabbas berei is, op Sy bloeiende skouers gelê. Twee met-
geselle van Barabbas sou saam met Jesus gekruisig word, en ook
op hulle is kruise geplaas. In Sy verswakte toestand was die las te
swaar vir Hom. Sedert die Avondmaal by die Paasfees saam met Sy
dissipels, het Hy geen voedsel of drank gehad nie. Hy het gely in
die tuin van. Getsemane in Sy worsteling met sataniese magte. Hy
het die angs ” van die verraad verduur, en moes aanskou hoedat Sy
dissipels Hom verlaat en vlug. Hy is na Annas, toe na Kajafas, en
toe weer na Pilatus geneem. Van Pilatus is Hy na Herodes gestuur,
en toe weer terug na Pilatus. Belediging is op belediging gehoop;
Hy is deurgaans bespot, en tweemaal gegésel — daardie hele nag
was daar die een toneel na die ander van ’n aard om die mense-siel
tot die uiterste toe op die proef te stel. Christus het pal gestaan. Hy
het geen woord gespreek be- halwe alleen om God te verheerlik
682