Page 685 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

In Pilatus se Geregsaal
681
is verhoor. Die bloed van die Seun van God was op hulle kinders, en
hulle kindskinders, tot ’n ewige vloek.
Hulle het dit ondervind in die vreeslike verwoesting van Je-
rusalem, en ook in die vreeslike lyding van die Joodse volk vir
agtienhonderd jaar soos n loot, afgesny van die wynstok, dood, vrug-
teloos, om versamel en verbrand te word. Van land tot land deur die
hele wêreld, van eeu tot eeu sou hulle dood wees, dood in oortreding
en sondes!
Op vreeslike wyse sal daardie gebed vervul word in die groot
oor-deelsdag. Wanneer Christus weer na die aarde toe terugkom, sal
dit nie wees soos n gevangene omring deur die gepeupel nie. Hulle
sal Hom sien as die Koning van die hemel. Christus sal kom in Sy
[760]
eie heerlikheid, en in die heerlikheid van die Vader en van die heilige
engele. Tienduisendmaal tienduisend, en duisende en duisende van
engele, die heerlike en oorwinnende seuns van God, wat alles oor-
treffende lieflikheid en heerlikheid besit, sal Hom begelei. Dan sal
Hy op Sy heerlike troon sit, en voor Hom sal al die volke vergader
wees. Dan sal elke oog Hom sien, ook die wat Hom deurboor het.
Pleks van ’n doringkroon, sal Hy ’n kroon van heerlikheid dra —’n
kroon binne-in ’n kroon. Pleks van die ou purpur mantel, sal Hy
gekleed wees in die reinste wit —“wit soos geen bleiker op aarde
dit kan maak nie.” Markus 9:3. Op Sy kleed en op Sy heup sal die
Naam geskryf staan, “Die Koning van die konings en die Here van
die here.” Openb. 19: 16. Diegene wat Hom bespot en geslaan het,
sal daar wees. Die priesters en die owerstes, sal weer die toneel in
die geregsaal sien. Al die besonderhede sal hulle weer sien asof dit
in letters van vuur geskryf is. Diegene wat gebid het, “Laat Sy bloed
op ons en op ons kinders kom,” sal die antwoord op hulle gebed kry.
Dan sal die hele wêreld weet en verstaan. Dan sal hulle besef teen
wie hulle arme, swak, nietige mense oorlog gemaak het. In vreeslike
angs en vrees sal hulle tot die berge en rotse roep, “Val op ons en
verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die
toorn van die Lam: want die groot dag van Sy toorn het gekom, en
wie kan bestaan?” Openb. 6: 16, 17.
[761]
[762]