Page 684 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

680
DIE KONING VAN DIE EEUE
Pilatus wou Jesus baie graag loslaat. Maar hy het besef dat hy
dit nie kon doen en nog sy posisie van eer kon behou nie. Liewer
as om sy wereldse mag te verloor, het hy verkies om ’n onskuldige
lewe op te offer. Hoeveel is daar nie wat hulle beginsels opoffer
om verlies en lyding te ontduik nie. Plig en die gewete wys een
pad, terwyl eiebelang na ’n ander wys. Die stroom vloei sterk in die
teenoorgestelde rigting, en die een wat ’n kompromis met die kwaad
aangaan, word weggevoer in die groot duisternis van die sonde.
Pilatus het toegegee aan die eise van die gepeupel. Liewer as om
sy posisie in gevaar te stel, het hy Jesus oorgelewer om gekruisig te
[759]
word. Maar ten spyte van sy versigtigheid, het juis wat hy gevrees
het, later oor hom gekom. Sy eer is hom ontneem, hy het sy hoë pos
verloor, en gefolter deur gewetenswroeging en gekweste hoogmoed,
het hy kort ná die kruisiging selfmoord gepleeg. So sal almal wat ’n
kompromis met die sonde aangaan net verdriet en ondergang oes.
Daar is n weg wat vir n mens reg lyk, maar die end daarvan is weë
van die dood.” Spreuke 14: 12.
Toe Pilatus verklaar het dat hy onskuldig was aan die bloed van
Christus, het Kajafas uitdagend gesê, “Laat Sy bloed op ons en op
ons kinders kom.” Hierdie woorde is nageskreeu deur die priesters
en owerstes, en ook deur die skare met ’n onmenslike gedreun van
stemme. Die hele skare het geantwoord en gesê, “Laat Sy bloed op
ons en op ons kinders kom.”
Die volk van Israel het sy keuse gemaak. Wysende na. Jesus,
het J hulle gesê, “Nie hierdie man nie, maar Barabbas.” Barabbas,
die rower en moordenaar, was die verteenwoordiger van die Satan.
Christus is verwerp, en Barabbas is aangeneem. Barabbas sou hulle
kry. Deur hierdie keuse te doen het hulle hom aangeneem wat van die
begin af ’n leuenaar en moordenaar was. Die Satan was hulle leier.
As volk sou hulle sy bevele uitvoer. Sy werke sou hulle doen. Sy
regering sou hulle moet verduur. Die mense wat Barabbas gekies het
in stede van Christus, sou die wreedheid van Barabbas voel solank
as tyd sal duur.
Die Jode het die geslaande Lam van God aanskou, en uitgeroep,
Laat Sy bloed op ons en op ons kinders kom.” Hierdie vreeslike
woorde het tot die troon van God opgestyg. Die vonnis wat hulle op
hulleself uitgespreek het, is in die hemel aangeteken. Daardie gebed