In Pilatus se Geregsaal
679
wou wreek op iemand, het hulle die mag van die keiser geloof. Om
Christus dood te maak, sou hulle lojaliteit betuig aan die vreemde
mag wat hulle gehaat het.
“
Elkeen wat homself koning maak,” het hulle gesê, “kom in
verset teen die keiser. Dit het Pilatus op ’n baie teer plekkie geraak.
Die Romeinse regering het hom reeds verdink, en hy het geweet dat
so ’n gerug sy ondergang sou beteken. Hy het geweet dat indien die
Jode se planne verydel word, hulle hulle op hom sou wreek. Hulle
sou alles in hulle vermoë doen om weerwraak te neem. Voor hom
het hy ’n voorbeeld gesien van hulle vasberadenheid om Een uit die
weg te ruim wat hulle sonder oorsaak gehaat het.
[758]
Pilatus het toe weer op die regterstoel gaan sit, Jesus weer voor
die mense gebring, en gese, “Daar is julle Koning!” Weer is die waan
sinnige geskreeu gehoor, “Neem weg, neem weg, kruisig Hom!”
Met’n stem wat vir almal hoorbaar was, het Pilatus gevra, “Moet ek
julle Koning kruisig?” Maar uit onheilige, godslasterende monde het
die woorde gekom, “Ons het geen koning nie behalwe die keiser.”
Dus, deur hulle keuse van ’n heidense regeerder, het die Joodse
volk hulle onttrek aan die teokrasie. Hulle het God verwerp as hulle
koning. Voortaan sou hulle geen verlosser he nie. Hulle het geen
koning behalwe die keiser nie. Hiertoe het die priesters en leraars die
volk gelei. Daarvoor, en vir die vreeslike gevolge daarvan, was hulle
verantwoordelik. Die volk se sonde en die volk se ondergang,was te
wyte aan die geestelike leiers.
“
Toe Pilatus sien dat niks help nie, maar dat daar eerder ’n oproer
kom, het hy water geneem en sy hande voor die skare gewas en
gese: Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man;
julle kan toesien!” Met vrees en selfveroordeling het Pilatus die
Heiland aanskou. In daardie see van gesigte, was Syne die enigste
wat vreedsaam was. Dit was of daar om Sy hoof ’n sagte lig geskyn
het. In sy hart het Pilatus gese, Hy is ’n God. Hy het hom tot die
skare gewend en gese, Ek is onskuldig aan Sy bloed. Neem julle
Hom en kruisig Hom. Maar onthou, julle priesters en owerstes, ek
se dat Hy ’n regverdige man is. Mag Hy op wie Hy aanspraak maak
as Sy Vader, julle vir hierdie dag se werk oordeel, en nie vir my
nie. Toe het hy aan Jesus gese, Vergewe my vir hierdie daad; ek kan
U nie red nie. En nadat Hy Jesus weer laat gesel het, het hy Hom
oorgelewer om gekruisig te word.