678
DIE KONING VAN DIE EEUE
waarheid verduidelik. Pilatus het die lig veronagsaam. Hy het die
hoë amp van regter misbruik deur sy beginsels en gesag prys te gee
op aandrang van die gepeupel. Jesus het geen verdere lig vir hom
gehad nie. Vererg oor Sy stilswye, het Pilatus driftig gesê:
“
Praat U nie met my nie? Weet U nie dat ek mag het om U te
kruisig en mag het om U los te laat nie?”
Jesus het geantwoord, “U sou geen mag teen My he as dit nie
van bo gegee was nie. Daarom het hy wat My aan u oorlewer, groter
sonde.”
So het die ontfermende Heiland, in Sy verskriklike lyding en
droefheid, soveel moontlik die handelwyse van die Romeinse goe-
werneur verskoon wat Hom oorgelewer het om gekruisig te word.
[757]
Wat ’n toneel vir die wêreld vir alle tyd! Wat ’n lig werp dit op die
karakter van Hom wat die regter van die hele aarde is!
“
Hy wat My aan u oorlewer,” het Jesus gesê, het “groter sonde.”
Hier het Christus Kajafas bedoel, wat, as hoëpriester, die verteen-
woor- diger van die Joodse volk was. Hulle het geweet watter be-
ginsels die Romeinse owerheid beheers het. Hulle het die lig van
die profesieë gehad wat van Christus getuig het, en deur Hom het
hulle Sy leer en Sy wonderwerke gehad. Die Jode het onmiskenbare
getuienis gehad van die Godheid van Hom wat hulle tot die dood
veroordeel het. Hulle sal geoordeel word volgens hulle lig.
Die grootste skuld en swaarste verantwoordelikheid sal rus op
diegene wat die hoogste plekke onder die volk beklee het, diegene
wat die heilige pand in bewaring gehad het wat hulle so snood verraai
het. Pilatus, Herodes en die Romeinse soldate was vergelykenderwys
onkun- dig aangaande Jesus. Hulle het gemeen dat hulle die priesters
en owerstes behaag het deur Hom te mishandel. Hulle het nie die
lig gehad wat die Joodse volk in so ’n groot mate ontvang het nie.
As daardie lig aan die soldate gegee was, sou hulle Christus nie so
wreed behandel het as wat hulle wel gedoen het nie.
Weer het Pilatus voorgestel dat hulle die Heiland moet loslaat.
“
Maar die Jode het geskreeu en gesê: As u Hom loslaat, is u nie die
keiser se vriend nie.” So het hierdie huigelaars dan geveins dat hulle
ywerig was vir die gesag van die keiser. Van al die teenstanders van
die Romeinse owerheid, was die Jode die mees verbete. Wanneer dit
veilig was vir hulle om dit te doen, het hulle op tiranniese wyse hulle
eie nasionale en godsdienswette gehandhaaf; maar as hulle hulle