Page 681 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

In Pilatus se Geregsaal
677
Die Romeinse soldate wat rondom Christus gestaan het, was nie
almal verhard nie; sommige het Hom goed beskou om te sien of hulle
enige teken in Sy gesig kon sien dat Hy ’n misdadiger of gevaarlike
persoon was. Telkens het hulle omgedraai en met veragting gekyk
na Barabbas. Dit het nie groot insig geverg om dwarsdeur hom te
sien nie. Dan weer het hulle na die Een gekyk wat tereggestaan het.
Hulle het na die goddelike Lyer gekyk met gevoelens van die diepste
medelyde. Die stille onderworpenheid van Christus het ’n toneel op
hulle ingebrand wat nooit uit hulle geheues uitgewis sou word nie,
totdat hulle Hom, òf aanneem as die Christus, óf heeltemal verwerp
en dus hulle eie lot beslis.
[756]
Die stille verdraagsaamheid van die Heiland het Pilatus met ver-
basing vervul. Hy het nie daaraan getwyfel dat die aanskouing van
hierdie man, in teenstelling met Barabbas, die Jode tot medelyde
sou beweeg nie. Maar hy het nie besef met watter fanatieke haat
die priesters Hom gehaat het wat as die Lig van die wêreld, hulle
duisternis en dwalings geopenbaar het nie. Hulle het die gepeupel
tot waansinnig- heid opgesweep, en weer het priesters, owerstes, en
die mense geskreeu, “Kruisig Hom! Kruisig Hom!” Eindelik toe
Pilatus nie langer hulle gevoellose wreedheid kon uithou nie, het
hy wanhopig gesê, “Neem julle Hom en kruisig Hom, want ek vind
geen skuld in Hom nie.”
Die Romeinse goewerneur, wat al baie wrede tonele aanskou
het, het baie jammer gevoel vir die lydende gevangene wat met
bebloede gesig en gestriemde rug, nog die waardigheid van n koning
op sy troon gehad het. Die priesters het verklaar, “Ons het ’n wet
en volgens ons wet moet Hy sterf, omdat Hy Homself die Seun van
God gemaak het.”
Pilatus was ontstel. Hy het nie die regte idee van Christus en Sy
sending gehad nie; maar hy het darem ’n vae geloof in God gehad
en in wesens wat hoër as die mens staan, ’n Gedagte wat voorheen
by hom opgekom het, het nou ’n meer bepaalde vorm aangeneem.
Hy het homself afgevra of dit nie miskien ’n goddelike wese was
wat voor hom gestaan het nie, geklee in die purper spotmantel, en
gekroon met ’n doringkroon.
Hy het teruggegaan na die geregsaal en aan Jesus gevra, “Waar
is U vandaan?” Maar Jesus het hom geen antwoord gegee nie. Die
Heiland het vry met Pilatus gepraat, en Sy sending as getuie vir die