676
DIE KONING VAN DIE EEUE
die pand van Sy salwing met “vreugde-olie” Heb. 1: 9 as ons groot
Hoëpriester
Die Satan se woede was groot toe hy sien dat al die mishandeling
van die Heiland Hom nie gedwing het om eens eenmaal te kla nie.
Alhoewel Hy die menslike natuur aangeneem het, is Hy bewaar deur
’
n goddelike moedigheid, en Hy het nooit afgewyk van Sy Vader se
wil nie.
Toe Pilatus Jesus oorgelewer het om gegésel en bespot te word,
het hy gemeen dat hy daardeur die simpatie van die skare sou opwek.
Hy het gehoop dat hulle sou besluit dat Hy genoeg gestraf is. die
kwaadaardigheid van die priesters, het hy gehoop, sou bevredig
word. Maar met hulle skerpsinnigheid het die Jode die swakheid
gesien wat toelaat dat ’n man gemartel word wat onskuldig verklaar
is. Hulle het geweet dat Pilatus geprobeer het om die lewe van die
[755]
gevangene te red, en hulle sou toesien dat Jesus nie vrygelaat word
nie. Om ons te behaag en te bevredig, het Pilatus Hom laat gésel, het
hulle gedink; en as ons die saak na ’n punt toe dryf, sal ons sekerlik
ons doel bereik.
Pilatus het Barabbas nou laat haal en hom in die hof laat inbring.
Hy het toe die twee gevangenes langs mekaar laat staan, en wysende
na die Heiland het hy smekend gesê, “Daar is die mens!” “Kyk, ek
bring Hom vir julle buitentoe, sodat julle kan weet dat ek in Hom
geen skuld vind nie.”
Daar het die Seun van God gestaan, met die spotkleed aan en
die doringkroon op Sy hoof. Sy bo-lyf was kaal en die bloed het uit
die Strieme op Sy rug gevloei. Sy gesig was met bloed bevlek, en
het die tekens getoon van uitputting en pyn; maar nog nooit het dit
mooier gelyk as nou nie. Sy voorkomste was nie misvormd voor
Sy vyande nie. Elke gelaatstrek het gespreek van sagmoedigheid en
onderworpenheid, en van die teerste ontferming vir Sy wrede vyande.
Sy gedrag het geen swakheid verraai nie, maar krag, waardigheid,
en lankmoedigheid getoon. In groot teenstelling met die voorkomste
van die Heiland, was die van die gevangene langs Hom. Die lyne in
die gesig van Barabbas het hom verraai as die geharde misdadiger
wat hy was. Die kontras was vir almal opvallend. Sommige van
die toeskouers het geween. Waar hulle Jesus aanskou het, was hulle
harte vol medelyde. Selfs die priesters en owerstes was oortuig dat
Hy alles was waarop Hy aanspraak gemaak het.