In Pilatus se Geregsaal
675
Swak en moeg en vol wonde soos Hy was, is Jesus geneem
en voor die skare gegésel. “Toe lei die soldate Hom weg in die
binneplaas, dit is die goewerneur se paleis, en hulle roep die hele
leërafdeling by- mekaar en trek Hom ’n purperkleed aan en vleg ’n
kroon van dorings en sit dit vir Hom op; en hulle begin Hom begroet:
Wees gegroet, Koning van die Jode! En hulle . . . spuug op Hom en
val op die knieë en bring Hom hulde.” Verskeie keer het een die riet
wat in Sy hand was, gegryp en Hom oor Sy hoof geslaan, sodat die
dorings van die kroon in Sy slape gesteek het, en die bloed langs Sy
gesig en baard afgedrup het.
[754]
Wees verwonderd, o hemele! en staan verbaas, o aarde! Sien
die verdrukker en die verdrukte. ’n Waansinnige skare omsingel
die Verlosser van die wêreld. Spottaal en hoontaal word afgewissel
met vloeke van godslastering. Die gevoellose skare verwyt Hom
Sy nederige geboorte en armoedige lewe. Sy aanspraak dat Hy die
Seun van God is, word uitgelag, en vuil grappe en beledigings word
gemaak.
Die Satan het die wrede gepeupel gelei in hulle mishandeling
van die Heiland. Dit was sy doel om Hom tot weerwraak te beweeg
indien moontlik, of om Hom daartoe te dryf om ’n wonderwerk te
doen om Homself te verlos, om sodoende die verlossingsplan te
laat misluk. Net een vlek op Sy menslike lewe, een beswyking van
Sy menslike natuur om die vreeslike lyde te verduur, en die Lam
van God sou ’n onvolmaakte offer gewees, en die verlossing van die
mens misluk het Maar Hy wat deur net een woord die ganse leerskare
van die hemel tot Sy hulp kon ontbied; Hy wat daardie gepeupel
vreesbevange van Hom kon verjaag het deur net een flits van Sy
goddelike majesteit, het Hom met volkome kalmte onderwerp aan
die grofste beledigings.
Christus se vyande het aangedring op ’n wonderwerk as bewys
van Sy Godheid. Hulle het bewys gehad baie sterker as wat hulle
verlang het. Soos hulle wreedheid diegene wat Hom gemartel, ver-
laag het ver benede die menslikheid tot die ewebeeld van die Satan,
so het Sy sagmoedigheid en lankmoedigheid Jesus verhef bokant die
menslikheid, en Sy verwantskap met God bewys. Sy vernedering
was die pan van Sy verheffing. Die bloeddruppels van foltering wat
uit Sy verwonde slape langs Sy gesig en baard afgevloei het, was