Page 678 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

674
DIE KONING VAN DIE EEUE
te stel wat die wêreld dan sou regmaak. Onder die begogeling van
die Satan het hy alles wat hy deur diefstal en geweld in hande kon
kry, beskou as sy regmatige eiendom. Onder sataniese invloed het
hy wonderlike dinge gedoen,en hy het ’n gevolg onder die mense
gehad; ook het hy opstand verkondig teen die Romeinse regering.
Hy was ’n geharde, waaghalsige misdadiger onder die dekmantel
van godsdiensywer, daarop uit om opstand te veroorsaak en wrede
dade te pleeg. Deur die mense die keuse te gee tussen hierdie man
en die onskuldige Heiland, het Pilatus ge- hoop om die mense tot
regsinnigheid te dwing. Hy het gehoop dat hy hulle medelyde vir
Jesus sou opwek teen die priesters en owerstes.
[753]
Daarom het hy hom tot die skare gewend, en met groot erns
gevra, “Wie wil julle hê, moet ek vir julle loslaat: Barabbas, of Jesus
wat genoem word Christus?”
Die gepeupel het soos wilde diere geskreeu, “Nie Hom nie, maar
Barabbas!” Luider en luider het hulle geskreeu, Barabbas! Barabbas!
Menende dat die mense nie sy vraag verstaan het nie, het Pilatus
gevra, “Wil julle hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet
loslaat?” Maar hulle het weer geskreeu, “Weg met Hom, en laat vir
ons Barabbas los!” Toe het Pilatus gevra, “Wat moet ek dan maak
met Jesus wat genoem word Christus?” Weer het die malende skare
soos wilde diere gebrul. Duiwels in menslike gedaantes was onder
daardie skare, en watter ander antwoord as, “Laat Hom gekruisig
word!” kon daar verwag word?
Pilatus was ontstel. Hy het nie geweet dat die saak daardie wen-
ding sou neem nie. Hy het teruggedeins om ’n onskuldige man oor te
lewer om die skandelikste en wreedste dood te sterf waaraan ’n mens
oorgegee kan word. Ná die geskreeu bedaar het, het hy die skare
weer toegespreek en gevra, “Watter kwaad het Hy dan gedoen?”
Maar praat sou nie meer help nie. Dit was nie bewys van Christus se
onskuld wat hulle wou hê nie, maar Sy veroordeling.
Maar nog het Pilatus geprobeer om Hom te red. “Vir die derde
maal sê hy vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Ek het in
Hom niks gevind wat die dood verdien nie. Ek sal Hom dan kasty
en loslaat.” Maar net die gedagte dat Hy losgelaat mag word, het die
mense nog waansinniger gemaak. Kruisig Hom! Kruisig Hom! het
hulle geskreeu. Feiler en feiler het die storm gewoed wat losgelaat
is deur Pilatus se besluiteloosheid.