In Pilatus se Geregsaal
673
se vrou deur n engel uit die hemel besoek, en in ’n droom het sy
die Heiland gesien en met Hom gepraat. Pilatus se vrou was nie ’n
Jodin nie, maar waar sy Jesus in haar droom gesien het, het sy geen
twyfel gehad aan Sy karakter en sending nie. Sy het geweet dat Hy
die Vors van God was. Sy het Hom gesien waar Hy teregstaan in die
geregsaal. Sy het gesien hoe Sy hande vasgebind was soos die van
’
n misdadiger.
Sy het gesien hoe Herodes en sy soldate hulle vreeslike werk
doen.
Sy het gehoor hoe die priesters en owerstes, vol haat en nyd, be-
skul- digings teen Hom inbring. Sy het die woorde gehoor, “Ons het
’
n wet en volgens ons wet moet Hy sterf.” Sy het gesien hoe Pilatus
[752]
Jesus oorlewer om gegésel te word nadat hy verklaar het, “Ek vind
geen skuld in Hom nie.” Sy het Pilatus se uitspraak gehoor en gesien
dat hy Christus aan Sy moordenaars oorlewer. Sy het die kruis op
Golgota gesien. Sy het gesien hoe die aarde in duisternis gehul word,
en sy het die misterieuse woorde gehoor, “Dit is volbring.” Maar sy
het nog ’n ander toneel gesien. Sy het Christus sien sit op die groot
wit wolk, terwyl die aarde gewaggel het, en Sy moordenaars vir Sy
heerlikheid weggevlug het. Met ’n angskreet het sy wakkergeskrik,
en dadelik aan Pilatus ’n waarskuwing geskryf.
Terwyl Pilatus nog geaarsel het wat om te doen, het ’n bood-
skapper deur die skare gedring en die brief van sy vrou aan hom
oorhandig,wat as volg gelui het:
“
Moet tog niks te doen hê met die regverdige man nie, want ek
het vannag in ’n droom baie gely om Sy ontwil.”
Pilatus het bleek geword. Die teenstrydige emosies in sy bin-
neste het hom heeltemal van stryk gebring. Maar terwyl hy nog
geaarsel I het, het die priesters en owerstes nog verder die mense
opgesweep.Pilatus is gedwing om te handel. Hy het skielik gedink
aan n gewoonte waardeur hy Christus se loslating mag bewerkstellig.
Tydens die Paasfees was dit die gebruik om die een of ander gevan-
gene los te laat volgens die keuse van die volk. Hierdie gebruik was
van heidense oorsprong; daar was nie ’n greintjie regverdigheid in
nie, maar die Jode het dit baie gewaardeer. Die Romeinse owerheid
het in hierdie tyd ’n gevangene aangehou, genaamd Barabbas, wat
tot die dood veroordeel was. Hierdie man het gesê dat hy die Mes-
sias was. Hy het aanspraak gemaak op die reg om ’n ander orde in