Page 676 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

672
DIE KONING VAN DIE EEUE
lig van genade het in sy sondige hart geskyn. Hy het gevoel dat hy
nie met n gewone mens te doen het nie; want die Godheid het deur
Sy mensheid geflits. Juis toe Christus omring was van die spotters,
hoereerders, en moordenaars, was dit vir Herodes asof hy God op
Sy troon aanskou het.
Verhard, soos hy was, het Herodes die veroordeling van Christus
nie durf bekragtig nie. Hy wou die vreeslike verantwoordelikheid
van hom afskuif, en hy het Jesus teruggestuur na die Romeinse
geregsaal.
[751]
Pilatus was teleurgestel en baie ontevrede. Toe die Jode terugkom
met hulle gevangene, het hy ongeduldig gevra wat hulle wou hê dat
hy moes doen. Hy het hulle daaraan herinner dat Hy Jesus reeds
ondersoek en onskuldig bevind het; hy het hulle meegedeel dat
hulle aanklagte teen Hom ingebring het, en dat hulle nie ’n enkele
aanklag teen Hom bewys het nie. Hy het Jesus na Herodes gestuur,
die viervors van Galilea, en een uit hulle eie volk, en ook hy het
niks in Hom gevind wat die dood verdien het nie. “Nadat ek Hom
gekasty het,” het Pilatus gesê, “sal ek Hom loslaat.”
Hier het Pilatus sy swakheid geopenbaar. Hy het verklaar dat
Jesus onskuldig was, maar nogtans was hy gewillig om Hom te
laat gésel om Sy beskuldigers tevrede te stel. Hy sou geregtigheid
en beginsel opoffer ten einde ’n kompromis aan te gaan met die
gepeupel. Dit het hom in ’n siegte posisie geplaas. Die skare het
sy besluiteloosheid uitgebuit, en hulle het harder geskreeu dat die
gevangene moes sterf. As Pilatus van die begin af pal gestaan het,
en geweier het om iemand te veroordeel wat hy onskuldig bevind
het, sou hy daardie noodlottige ketting verbreek het wat hom in
selfverwyt sou bind solank hy geleef het. As hy volgens sy oortuiging
van reg gehandel het, sou j die Jode dit nie gewaag het om vir hom
voor te skryf wat om te doen nie. Hulle sou Christus tog doodgemaak
het, maar Pilatus sou nie die skuld gedra het nie. Pilatus het stap vir
stap sy gewete verkrag. Hy het versuim om met reg en geregtigheid
te oordeel, en nou het hy homself byna hulpeloos gevind in die hande
van die priesters en owerstes. Sy weifeling en besluiteloosheid was
sy ondergang.
Selfs nou nog was Pilatus nie alleen gelaat om blindelings te
handel nie. n Boodskap van God het hom gewaarsku om nie te doen
wat hy wou doen nie. In antwoord op Christus se gebed is Pilatus