In Pilatus se Geregsaal
671
vrees en bewe het deur sy sondige lewe en sy naderende verdoemenis
aan hom te openbaar. Maar Christus se stilswye was die hardste
bestraffing wat Hy hom kon oplê. Herodes het die waarheid verwerp
wat aan hom gebring is deur die grootste van alle profete, en hy sou
j geen ander boodskap ontvang nie. Die Majesteit van die hemel
het geen woord vir hom gehad nie. Die oor wat altyd oop was vir
menslike eilende, was gesluit vir Herodes se bevele. Die oë wat
die boetvaardige sondaar altyd met ontfermende, vergewende liefde
aanskou het, sou nie eens na Herodes kyk nie. Daardie lippe wat
[750]
die grootste waarhede geuiter het, en wat op die teerste wyse met
die grootste sondaars gepleit het, het niks te sê gehad vir die trotse
koning wat geen behoefte aan ’n Verlosser gevoel het nie.
Herodes het woedend geword. Hy het hom tot die skare gewend
en Jesus boosaardig uitgeskel as ’n bedrieër. Toe het hy aan Christus
gesê, As jy jou aansprake nie kan staaf nie, sal ek jou oorlewer aan
die soldate en die mense. Hulle mag dit regkry om jou te laat praat.
As jy ’n bedrieër is, dan verdien jy die dood; as jy die Seun van God
is,verlos jouself dan deur ’n wonderwerk.
Hierdie woorde was nog skaars koud of daar is op Christus afge-
storm. Soos wilde diere het die skare op hulle prooi afgestorm. Jesus
is rondgepluk, en Herodes het by die skare aangesluit en meegedoen
om die Seun van God te verneder. As die Romeinse soldate nie
gekeer en die skare teruggedruk het nie, sou die Heiland in stukke
geskeur gewees het..
“
Nadat Herodes saam met sy soldate Hom met veragting behan-
del en bespot het, werp hy Hom ’n blink kleed om.” Die Romeinse
soldate het ook aan hierdie mishandeling meegedoen. Alles wat hier-
die bose, verdorwe soldate kon uitdink, en aangehelp deur Herodes
en die Joodse waardigheidsbekleërs, is op die Heiland opgehoop.
Maar Sy goddelike geduld het nie opgeraak nie.
Christus se vervolgers het geprobeer om Sy karakter met hulle
eie te vergelyk; hulle het Hom voorgestel as net so afskuwelik as
hulleself. Maar agter die toneel wat hulle aanskou het, was daar n
ander toneel-- -een wat hulle eendag sal sien in al sy heerlikheid.
Daar was sommige wat gesidder het in Christus se teenwoordig-
heid. Onderwyl die gepeupel spottend voor Hom neergebuig het,
het sommige wat \ir daardie doel na vore gekom het, teruggedeins,
bang en stilgemaak. Herodes is oortuig. Die laaste strale van die