Page 674 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

670
DIE KONING VAN DIE EEUE
Herodes het belowe dat as Christus ’n wonderwerk sou doen in
sy teenwoordigheid, sou hy Hom loslaat. Christus se aanklaers het
met hulle eie oë die magtige werke gesien wat deur Sy krag verrig
is. Hulle het gehoor toe Hy die graf beveel het om sy dode op te gee.
Hulle het gesien hoedat die dode voortkom op Sy bevel. Met vrees
het hulle gedink aan die moontlikheid dat Hy nou ’n wonderwerk
sou doen. Wat hulle die meeste gevrees het, was ’n openbaring van
Sy mag. So ’n openbaring sou die doodsteek wees van hulle planne,
en sou miskien ook hulle eie lewens kos. Nog eens het die priesters
[749]
en owerstes in die grootste angs, hulle beskuldigings teen Hom
geslinger. Met luide stemme het hulle verklaar, Hy is ’n verraaier
en ’n godslasteraar. Hy doen Sy wonderwerke deur die krag wat
Beëlsebul, die owerste van die duiwels, aan Hom gee. Daar het groot
verwarring in die saal geheers; sommige het een ding geskreeu, en
n ander gedeelte iets anders.
Herodes se gewete was nou nie meer so teer as toe hy met afsku
gesidder het toe Herodias hom die hoof van Johannes die Doper
gevra het nie. Vir ’n tyd het hy die skerp prikkels van berou gevoel
oor sy vreeslike daad; maar sedelik het hy steeds laer en laer gesak
ten gevolge van sy losbandige lewe. Nou was sy hart so verhard dat
hy selfs ge- spog het oor wat hy aan Johannes gedoen het omdat hy
dit gewaag het om hom te bestraf. Nou het hy ook vir Jesus gedreig,
en her- haaldelik gesê dat hy die mag het om Hom los te laat of te
veroordeel. Maar Jesus het uiterlik geen teken getoon dat Hy selfs
een woord gehoor het nie.
Hierdie stilswye het Herodes vererg. Vir hom was dit ’n bewys
van volslae onverskilligheid teenoor sy gesag. Vir hierdie trotse,
spog- gerige koning, sou openlike bestraffing minder aanstootlik
gewees het as om so geïgnoreer te word. Weer het hy Jesus kwaai
gedreig, maar Hy het doodstil gebly.
Dit was nie die sending van Christus in hierdie wêreld om ydele
nuuskierigheid te bevredig nie. Hy het gekom om die gebrokenes
van hart te genees. As Hy maar ’n woord kon gespreek het om die
kneusplekke van sonde-sieke harte te genees, sou Hy nie geswyg het
nie. Maar Hy het geen woorde gehad vir diegene wat die waarheid
onder onheilige voete sou vertrap nie.
Christus kon miskien woorde tot Herodes gespreek het wat die
ore van daardie verharde koning sou deurdring het. Hy kon hom laat