In Pilatus se Geregsaal
669
bevlek was met die bloed van Johannes die Doper. Toe Herodes die
eerste keer van Jesus gehoor het, was hy vreeslik bang, en hy het
gesê, “Johannes wat ek onthoof het, dit is hy; hy het uit die dode
opgestaan;” “daarom werk die kragte in hom.” Markus 6: 16; Matt.
14: 2.
Maar nogtans wou Herodes Jesus graag sien. Nou sou hy
die geleentheid hê om die lewe van hierdie profeet te red, en so het
[748]
die koning gehoop sou hy daardie bloedige hoof wat na hom op ’n
skottel gebring is, vir ewig uit sy ge- heue veeg. Hy het ook gehoop
om sy nuuskierigheid te bevredig, en hy het gedink dat as Christus
maar enige hoop op loslating gegee word, Hy enigiets sou doen wat
van Hom gevra word.
’
n Hele aantal van die priesters en ouderlinge is saam met Chris-
tus na Herodes. En toe die Heiland ingebring is, het hierdie waardig-
heidsbekleërs luidrugtig hulle beskuldigings teen Hom ingebring.
Maar Herodes het hom min gesteur aan hulle aanklagte. Hy het hulle
stilgemaak omdat hy Christus graag wou ondervra. Hy het beveel
dat hulle Christus se hande moes losmaak, en het terselfdertyd Sy
vyande daarvan beskuldig dat hulle Hom wreed mishandel het. Hy
het mede- lydend gekyk op die vreedsame gelaat van die wêreld se
Verlosser, en daar het hy loutere reinheid en wysheid gelees. Hy,
sowel as Pilatus, was tevrede dat Christus beskuldig is uit nyd en
kwaadwilligheid.
Herodes het Christus omslagtig ondervra, maar die Heiland het
doodstil gebly. Op bevel van die koning is die siekes en verminktes
ingeroep, en Christus is beveel om Sy aansprake te bewys deur n won
derwerk te doen. Die mense sê dat U die siekes kan gesondmaak, het
Herodes gesê. Ek wil baie graag die bewys hê dat U groot roem nie
op leuens gebaseer is nie. Jesus het nie gereageer nie, en Herodes het
nog aangehou: As U wonderwerke vir ander kon doen, doen hulle
nou vir U eie verlossing, en U sal nie spyt wees nie. Weer het hy
beveel, Gee ons ’n teken dat U die krag het wat die mense sê dat U
het. Maar Christus was soos iemand wat nie gehoor of gesien het
nie. Die Seun van God het die menslike natuur aangeneem. Hy moes
handel soos ’n mens sou doen onder die omstandighede. Hy sou
dus nie ’n wonderwerk doen om Homself te verlos van die pyn en
vernedering wat ’n mens moet verduur wat in ’n dergelike posisie
geplaas is nie.