668
DIE KONING VAN DIE EEUE
priesters het geskreeu vir onmiddellike optrede. Hy het na die Jode
uitgegaan en met nadruk verklaar, “Ek vind geen skuld in Hom nie.”
Hierdie uitspraak van ’n heidense regter was ’n harde bestraffing
van die huigelary en valsheid van die owerstes van Israel wat die
aanklagte teen die Heiland ingebring het. Toe die priesters en ou-
derlinge dit van Pilatus hoor, het hulle teleurstelling en woede geen
perke geken nie. Hulle het lank planne gemaak en gewag vir hierdie
kans. Toe hulle die moontlikheid besef dat Jesus miskien losgelaat
kon word, het dit geskyn of hulle gereed was om Hom in stukke te
skeur. Hulle het luidrugtig begin uitvaar teen Pilatus, en gedreig om
hom by die Romeinse owerheid aan te kla. Hulle het hom daarvan
beskuldig dat hy geweier het om Jesus te veroordeel, wat, soos hulle
beweer het, Homself teen die keiser gestel het.
Kwaai stemme is nou gehoor wat gesê het dat die opruiende
invloed van Jesus deur die hele land bekend was. Die priesters het
gesê, “Hy maak die volk oproerig met Sy leer die hele Judea deur,
vandat Hy in Galilea begin het tot hier toe.”
Pilatus het in hierdie tyd nog glad geen plan gehad om Jesus te
veroordeel nie. Hy het geweet dat die Jode Hom beskuldig het uit
haat en vooroordeel. Hy het geweet wat sy plig was. Die reg het
vereis dat Jesus dadelik losgelaat moes word. Maar Pilatus het die
[747]
misnoeë van die volk gevrees. As hy sou weier om Jesus in hulle
hande oor te lewer, sou daar groot oproerigheid wees, en daarvoor
was hy bang. Toe hy hoor dat Christus van Galilea was, het hy besluit
om Hom na Herodes te stuur, die goewerneur van die provinsie,
wat juis toe in Jerusalem was. Deur hierdie gedragslyn het Pilatus
gemeen dat hy die verantwoordelikheid van die verhoor van homself
sou afskuif op Herodes. Verder het hy ook gemeen dat dit ’n goeie
kans was om met Herodes versoen te raak na ’n ou rusie tussen hulle.
En so was dit ook. Die twee magistrate het weer vriende geword oor
die verhoor van die Heiland.
Pilatus het Jesus weer aan die soldate oorgegee, en onder die
geskel en beledigings van die gepeupel is Hy haastig geneem na
die geregsaal van Herodes. “Toe Herodes Jesus sien, was hy baie
bly.” Hy het die Heiland nog nie tevore ontmoet nie, maar “hy was
al geruime tyd begerig om Hom te sien, omdat hy veel van Hom
gehoor het; en hy het gehoop om een of ander teken te sien wat deur
Hom gedoen sou word.” Dit is hierdie selfde Herodes wie se hande