In Pilatus se Geregsaal
667
om van die rumoer van die skare weg te kom, het Pilatus Hom opsy
geneem en Hom weer gevra, “Is U die Koning van die Jode?”
Jesus het nie die vraag regstreeks beantwoord nie. Hy het geweet
dat die Heilige Gees met Pilatus geworstel het, en Hy het hom
geleent- | heid gegee om sy oortuiging uit te spreek. “Sê u dit uit
uself,” het Hy gevra, “of het ander dit u van My gesê?” Die vraag
was of dit die beskuldigings van die priesters was wat aanleiding
gegee het tot Pilatus se vraag, of het hy self begeer om lig van
Christus te ontvang ? Pilatus het verstaan wat Christus bedoel het,
maar hoogmoed het in sy hart opgewel. Hy wou nie die oortuiging
erken wat by hom ontstaan het nie. “Is ek dan ’n Jood?” het hy gevra.
“
U volk en die owerpriesters het U aan my oorgelewer. Wat het U
gedoen?”
Pilatus se gulde geleentheid het verbygegaan, en tog het Jesus
hom nie sonder verdere lig gelaat nie. Alhoewel Hy nie Pilatus se
vraag regstreeks beantwoord het nie, het Hy Sy eie sending duidelik
verklaar. Hy het Pilatus laat verstaan dat Hy nie ’n aardse troon
gesoek het nie.
Jesus het hom geantwoord: “My koninkryk is nie van hierdie
wêreld nie; as My koninkryk van hierdie wêreld was, sou My die-
naars geveg het, dat Ek nie aan die Jode oorgelewer sou word nie.
[746]
Maar nou is My koninkryk nie van hier nie. Pilatus sê toe vir Hom:
U is dan tog ’n koning. Jesus antwoord: U sê dat Ek ’n koning is.
Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om
vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na
My stem.”
Christus het bevestig dat Sy woord self die sleutel is wat die
verborgenheid sou ontsluit vir diegene wat bereid is om dit aan te
neem. Dit besit ’n selfaanbevelende krag, en dit was die geheim van
die uitbreiding van Sy koninkryk van waarheid. Hy wou Pilatus laat
verstaan dat sy verdorwe natuur herstel kon word alleen deur die
aanname van die waarheid.
Daar was by Pilatus ’n begeerte om die waarheid te ken. Sy
verstand was verwar. Gretig het hy die woorde van die Heiland
aange- neem, en daar was in sy hart ’n sterk verlange om te weet wat
dit werklik was, en hoe hy dit kon verkry. “Wat is waarheid?” het hy
gevra. Maar hy het nie gewag vir die antwoord nie. Die rumoer daar
buite het hom weer attent gemaak op die werk ophande, want die