Page 670 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

666
DIE KONING VAN DIE EEUE
te betaal, terwyl Hy sê dat Hy self Christus, die Koning, is.” Dit is
drie beskuldigings, maar elkeen sonder grond. Die priesters het dit
geweet, maar hulle was gewillig om vals te sweer as hulle maar hulle
doel kon bereik.
Pilatus het deur hulle planne gesien. Hy het nie geglo dat die ge-
vangene sameswerings teen die staat gesmee het nie. Sy sagmoedige
en nederige voorkoms het glad nie gestryk met die beskuldigings
nie. Pilatus was oortuig dat ’n gemene komplot gesmee is om n
onskuldige man uit die weg te ruim wat in die pad gestaan het van
die Joodse waardigheidsbekleërs. Hy het hom tot Jesus gewend en
gevra, “Is U die Koning van die Jode?” Die Heiland het geantwoord,
U sê dit.” En terwyl Hy gepraat het, is Sy aangesig verlig asof ’n
sonstraal daarop geskyn het.
Toe hulle Sy antwoord hoor, het Kajafas en diegene wat by hom
was, Pilatus daarop attent gemaak dat Jesus die aanklag erken het wat
teen Hom ingebring is. Met groot lawaai het die priesters, skrifge-
leerdes, en owerstes geëis dat die doodvonnis oor Hom uitgespreek
moes word. Die gepeupel het hulle agterna geskreeu, en die rumoer
was oorverdowend. Pilatus was in die war. Toe hy sien dat Jesus niks
antwoord op die aanklagte nie, het hy aan Hom gesê, “Antwoord U
[745]
niks nie? Kyk hoe baie getuienisse hulle teen U inbring. Maar Jesus
het niks meer geantwoord nie.”
Waar Hy daar agter Pilatus gestaan het, sodat almal in die hof
Hom kon sien, het Christus die geskel gehoor, maar op al die valse
aanklagte teen Hom het Hy nie ’n enkele woord geantwoord nie.
Sy hele hou- ding het die indruk geskep dat Hy onskuldig was. Die
woede van die golwe wat teen Hom geslaan het, het geen indruk op
Hom gemaak nie. Dit was asof die branders van woede wat steeds
hoër en hoër gestyg het soos die van die onstuimige oseaan, rondom
Hom breek, maar Hom nie kon aanraak nie. Hy het geswyg, maar
Sy stilswye was die welsprekendheid self. Dit was soos ’n lig wat
geskyn het van die innerlike na die uiterlike mens.
Pilatus was verbaas oor Sy houding. Sou hierdie man die verrig-
tings veronagsaam omdat Hy nie omgee of Hy Sy lewe red nie? het
hy homself afgevra. Waar hy gesien het hoedat Jesus die beledigings
en bespottings verdra het sonder om terug te antwoord, het hy gevoel
dat Hy nie so ongeregtig en onregverdig kon wees soos die priesters
wat so geraas het nie. Hopende om die waarheid van Hom te kry en