Page 669 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

In Pilatus se Geregsaal
665
tevore, vir Lasarus opgewek het —’n man wat reeds vier dae dood
was, en nou, vóór hy die doodvonnis bekragtig, wou hy weet wat
die aanklag teen Jesus was, en of dit bewys kon word.
As julle uitspraak genoeg is, het hy gesê, waarom bring julle dan
die gevangene na my toe? “Neem julle Hom en oordeel Hom volgens
julle wet.” Die priesters was nou in die knyp, en het geantwoord dat
hulle Hom alreeds gevonnis het, maar dat hulle ook Pilatus se vonnis
moet hê om dit wettig te maak. Wat is julle vonnis? het Pilatus
gevra. Die doodvonnis, het hulle gesê; maar dit is nie wettig vir ons
om enige mens dood te maak nie. Hulle het Pilatus gevra om hulle
woord te te neem dat Christus skuldig was, en om hulle vonnis te
bekragtig. Hulle sou die verantwoordelikheid neem.
Pilatus was nie n regverdige of pligsgetroue regter nie, maar
sedelik swak, soos hy was, het hy geweier om hulle versoek toe te
staan. Hy wou Jesus nie veroordeel alvorens daar ’n aanklag teen
Hom ingebring is nie.
Die priesters was in groot verleentheid. Hulle het besef dat hulle
hulle huigelary met ’n baie dik mantel moes bedek. Hulle moes
dit nie laat blyk dat Christus op godsdienstige aanklagte gearres-
teer is nie. As hulle dit as rede sou gee, sou hulle verhoor geen
invloed by Pilatus gehad het nie. Hulle moes dit so stel asof Jesus
die landswette ver onagsaam het; dan sou Hy kon gestraf word as n
[744]
politieke misdadiger. Onder die Jode was daar gedurig opstande teen
die Romeinse gesag. Die Romeine het sulke opstande gewoonlik
meedoënloos onderdruk, en hulle was gedurig op hulle hoede om
alles te onderdruk wat enig- sins tot ’n opstand kon lei.
Net ’n paar dae vóór Sy gevangeneming het die Fariseërs gepro-
beer om Jesus te verstrik met die vraag, “Is dit ons geoorloof om
aan die keiser belasting te betaal, of nie?” Maar Christus het hulle
huigelary aan die kaak gestel. Daar was Romeine teenwoordig en
hulle het gesien hoe die samesweerders se stel misluk, en in watter
verleentheid Christus se antwoord hulle gebring het: “Betaal dan
aan die keiser wat die keiser toekom.” Lukas 20: 22-25.
Die priesters wou dit nou laat voorkom dat Christus by hierdie
geleentheid geleer het wat hulle gehoop het dat Hy sou leer. Om
hulleself uit die knyp te help, het hulle die hulp van valse getuies
ingeroep, “En hulle begin Hom beskuldig en sê: Ons het gevind dat
hierdie man die volk verlei en verbied om aan die keiser belasting