664
DIE KONING VAN DIE EEUE
Christus se voorkoms het ’n goeie indruk op Pilatus gemaak.Sy
beter self is getref. Hy het gehoor van Jesus en Sy werke. Sy vrou
het hom iets vertel van die wonderwerke van die Galilese profeet,
wat die siekes gesondgemaak en die dode opgewek het. Dit het nou
soos ’n droom in Pilatus se geheue teruggekom. Hy het gedink aan
gerugte wat hy uit verskillende oorde gehoor het. Hy het besluit dat
hy die Jode sou vra watter aanklagte hulle teen die gevangene gehad
het
Wie is hierdie man, en waarvoor het julle Hom hier gebring?
het hy gevra. Wat is julle aanklag teen Hom? Dit het die Jode van
stryk gebring. Wetende dat hulle die aanklagte teen Christus nie kon
bewys nie, wou hulle nie graag ’n openbare verhoor hê nie. Hulle
het geantwoord dat Hy ’n bedrieër genaamd Jesus van Nasaret was.
Weer het Pilatus gevra, “Watter beskuldiging bring julle teen
hierdie man in?” Die priesters het nie sy vraag beantwoord nie, maar
in woorde wat hulle gebelgdheid getoon het, het hulle gesê, “As Hy
geen kwaaddoener was nie, sou ons Hom nie aan u oorgelewer het
nie.” Wanneer diegene van die Sanhedrin, die vernaamste manne
van die volk ’n man na u bring wat die doodstraf verdien, is dit dan
nodig om te vra wat die aanklag teen hom is? Hulle het gemeen
om Pilatus onder die indruk van hulle belangrikheid te bring, en
hom dus te beweeg om hulle versoek toe te staan, sonder om op
al die besonderhede in te gaan. Hulle was gretig om hulle vonnis
[743]
bekragtig te sien, want hulle het geweet dat die mense wat Christus
se wonderwerke gesien het, n baie ander storie sou vertel as die valse
getuienis wat hulle teen Hom sou inbring.
Die priesters het gemeen dat hulle met die swakke en weifelende
Pilatus, hulle planne sou kon deurvoer sonder veel moeite. Voorheen
het hy reeds doodvonnisse haastig bekragtig, van manne waarvan
hulle geweet het dat hulle nie die doodstraf verdien het nie. Vir hom
was die lewe van ’n gevangene van min waarde, of hulle skuldig
of onskul- dig was, het nie eintlik saak gemaak nie. Die priesters
het nou gehoop dat Pilatus die doodvonnis teen Jesus sou bekragtig
sonder om Hom te verhoor. Hulle het dit as ’n guns gevra met die
oog op hulle groot nasionale fees wat ophande was.
Maar daar was iets omtrent die gevangene wat Pilatus teruggehou
het om dit nie te doen nie. Hy het dit nie gedurf doen nie. Hy het die
doel van die priesters gelees. Hy het onthou hoedat Jesus, ’n rukkie