Page 667 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

In Pilatus se Geregsaal
IN die geregsaal van Pilatus, die Romeinse goewerneur, het
Christus gestaan, gebind as gevangene. Om Hom was die solda-
tewag, en toeskouers het vinnig die saal begin vul. By die ingang het
die regters van die Sanhedrin gestaan, priesters, owerstes, ouderlinge,
en die gepeupel.
Nadat hulle Jesus veroordeel het, het die raad van die Sanhedrin
na Pilatus gekom om die vonnis te bekragtig en te laat voltrek.
Maar hierdie Joodse beamptes wou nie die Romeinse geregsaal
binnegaan nie. Volgens hulle seremoniële wette sou hulle daardeur
verontreinig word, en dus nie aan die Pasga kan deelneem nie. In
hulle blindheid was hulle onbewus van die moordlustigheid wat
hulle harte besoedel het. Hulle het nie besef dat Christus die ware
Paaslam was, en dat daardie groot fees, aangesien hulle Hom nou
verwerp het, alle betekenis vir hulle verloor het nie.
Toe die Heiland in die geregsaal gebring is, het Pilatus Hom
nie met vriendelike oë aangekyk nie. Die Romeinse goewerneur is
haastig uit sy slaapkamer ontbied, en hy het besluit om die saak so
[742]
spoedig moontlik af te handel. Hy sou die gevangene met geregtelike
hardheid behandel. Met ’n fronsende gelaat het hy gekyk watter soort
man dit was wat hy moes ondersoek, en wat genoodsaak het dat hy
so vroeg uit die bed geroep is. Hy het besef dat dit iemand moes
wees wat die Joodse gesag baie graag verhoor, en gestraf wou sien.
Pilatus het na die manne gekyk wat Jesus in bewaring gehad het,
en toe het sy oë deurdringend op Jesus gerus. Hy het al met baie
misdadigers te doen gehad, maar nog nooit tevore is iemand voor
hom gebring in wie die tekens van goedheid en edelmoedigheid
so duidelik geopenbaar is nie. In Sy gelaat het hy geen tekens van
skuld gesien nie, geen uitdrukking van vrees en geen tekens van
vermetelheid of uitdaging nie. Hy het ’n man gesien met ’n kalm,
waardige hou- ding, wie se gelaat nie die tekens van ’n misdadiger
getoon het nie maar die seël van die hemel.
663