662
DIE KONING VAN DIE EEUE
Judas het besef dat hy tevergeefs gesmeek het, en hy het uit die
saal gehaas met die woorde, Dit is te laat! Dit is te laat! Hy het
gevoel dat hy nie kon lewe om te sien dat hulle Jesus kruisig nie, en
in wanhoop het hy homself gaan ophang.
Later daardie selfde dag, op weg van Pilatus se geregsaal na
Golgota, is die geskreeu en gespot van die bose menigte wat Jesus
na die plek van kruisiging gelei het, onderbreek. Langs die weg, aan
die voet van ’n droë boom, het hulle die liggaam van Judas gesien.
Dit was ’n weersinwekkende gesig. Sy gewig het die tou gebreek
waarmee hy homself opgehang het. Die val het sy liggaam laat bars,
en honde was nou besig om daaraan te vreet. Sy oorskot is dadelik
verwyder en begrawe en nou het die spottery van die skare bedaar,
en menige bleek gelaat het die gedagtes verraai wat in sy binneste
omgegaan het. Dit het geskyn of vergeldig alreeds diegene getref
het wat skuldig was aan die bloed van Jesus.
[741]