Judas
661
die hart van die verraaier beklem dat hy sy Meester in die dood
verkoop het.
Toe die verhoor sy einde nader, kon Judas nie langer die wroeging
van sy skuldige gewete uithou nie. Skielik is ’n skor stem in die saal
gehoor wat almal laat skrik het: Hy is onskuldig; laat Hom los, o
Kajafas!
Toe is die lang gestalte van Judas gesien waar hy sy weg baan
deur die verskrikte skare. Hy was baie bleek, en groot druppels sweet
het op sy voorhoof gestaan. Hy het op die regterstoel afgestorm, en
die silwerstukke, die prys van sy Here se verraad, voor die hoëpries-
ter neergegooi. Hy het Kajafas aan sy kleed gegryp en hom gesmeek
om Jesus los te laat, en verklaar dat Hy niks gedoen het wat die
doodstraf ver- ien nie. Kajafas het hom kwaai afgeskud, maar hy
was so verward dat hy nie geweet het wat om te sê nie. Die valsheid
van die priesters is toe geopenbaar. Dit was duidelik dat hulle hierdie
dissipel omgekoop het om sy Meester te verraai.
“
Ek het gesondig,” het Judas weer uitgeroep, “deur onskuldige
bloed te verraai.” Maar die hoëpriester wat weer sy selfvertroue
herwin het, het met veragting geantwoord, “Wat gaan dit ons aan?
Jy kan toesien!” Matt. 27: 4. Die priesters was gewillig om Judas
as werktuig te gebruik, maar hulle het sy laagheid verag. Toe hy sy
sonde bely het, het hulle hom verag.
Judas het homself nou aan die voete van Jesus neergewerp, Hom
erken as die Seun van God, en Hom gesmeek om Homself te ver-
los.Die Heiland het nie Sy verraaier verwyt nie. Hy het geweet dat
Judas nie berou gehad het nie, en dat sy skuldige siel, oorweldig
deur die vreeslike besef van die komende oordeel, hom gedwing het
om die belydenis te doen, maar dat hy geen ware, hartverbryselende
berou ge- had het omdat hy die vlekkelose Seun van God verraai,
[740]
en die Heilige van Israel verag het nie. Maar Jesus het geen veroor-
delende woorde tot hom gespreek nie. Hy het Judas met jammerte
aanskou, en gese, Vir hierdie uur het Ek in die wêreld gekom.
Daar is ’n gemompel van verbaasdheid onder die skare gehoor.
Met verbasing het hulle die verdraagsaamheid van Christus teen
Sy verraaier aanskou. Weer het die oortuiging hulle beetgepak dat
hierdie man nie ’n gewone sterweling was nie. Maar toe het die vraag
weer by hulle ontstaan: As Hy wel die Seun van God is, waarom
verbreek Hy dan nie die bande in oorwinning oor Sy aanklaers nie ?