660
DIE KONING VAN DIE EEUE
Judas het geargumenteer dat as Jesus gekruisig moes word, dan
sal Hy gekruisig word. Die feit dat hy die Heiland sou verraai, sou
die saak tog nie verander nie. As Jesus dan moet sterf, sou dit Hom
slegs I dwing om Hom oor te gee. En in elk geval sou Judas baat by
sy verraad. Hy het gemeen dat hy ’n baie winsgewende transaksie
beklin het deur Sy Here te verraai.
Judas het nie geglo dat Jesus sou toelaat dat hulle Hom gevan-
geneem nie Deur Hom te verraai was dit sy doel om Hom n les te
leer.Sy plan was om ’n rol te speel wat die Heiland in die toekoms
baie versigtig sou maak om hom met respek te behandel. Maar Ju-
das het nie geweet dat hy Christus in die dood oorgelewer het nie.
Hoe dikwels was die skrifgeleerdes en Fariseërs weggevoer deur die
treffende beeide van Jesus se gelykenisse! Hoe dikwels het hulle
hulle eie vonnis uitgespreek! Dikwels wanneer die waarheid hulle
harte getret het, was hulle woedend, en wou hulle Hom stenig; maar
elke keer het Hy ontvlug. Aangesien Hy so baiemaal ontsnap het,
het Judas gedink, sou Hy tog seker nie nou toelaat dat hulle Hom
vang nie.
Judas het besluit om die saak op die proef te stel. As Jesus
werklik die Messias was, sou die mense vir wie Hy soveel gedoen
het, hulle om Hom skaar en Hom koning maak. Dit sou eens en vir
altyd alle twyfel wegneem uit baie harte wat nog onseker was. Judas
sou dan die eer hê as die een wat die koning op Dawid se troon
geplaas het. En hierdie daad sou aan hom die eerste plek gee, naas
Christus, in die nuwe koninkryk.
Die valse dissipel het sy rol gespeel met die verraad van Jesus.
In die tuin, toe hy aan die leiers van die bende gesê het, “Die een
wat ek sal soen, dit is Hy, gryp Hom” Matt. 26: 48, was hy absoluut
oortuig daarvan dat Christus uit hulle hande sou ontsnap. As hulle
[739]
hom dan sou blameer, sou hy vra: Het ek nie gesê dat julle Hom
moet vashou nie?
Judas het gesien hoedat hulle, op sy bevele, Christus vasbind
Verbaas het hy gesien dat die Heiland toelaat dat hulle Hom weglei.
Vo1 angs het hy Hom gevolg van die tuin na die verhoor voor die
Joodse owerstes. By elke beweging het hy verwag dat Hy Sy vyande
sou verras deur voor hulle te verskyn soos die Seun van God om
hulle planne te verydel. Maar namate die ure verbygegaan, en Jesus
toegelaat het dat hulle Hom so mishandel, het ’n verskriklike vrees