Page 663 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Judas
659
van die belangrike dinge wat hulle moes bepeins het. Die twis oor
wie van hulle die grootste sou wees, is hoofsaaklik deur Judas aan
die gang gesit.
Toe Jesus aan die ryk jongman die voorwaardes vir dissipelskap
ver- duidelik het, was Judas ontevrede. Hy het gemeen dat Jesus ’n
fout begaan het. As manne soos hierdie owerste by die gelowiges kon
aansluit, sou hulle help om die saak van Christus te ondersteun. As
hulle hom maar net om raad wou vra, het Judas gedink, sou hy baie
planne kon voorstel vir die vooruitgang van die kerk. Sy beginsels
en metodes sou miskien ’n bietjie afwyk van die van Christus, maar
in daardie dinge, het hy gemeen, was hy wyser as Christus.
In alles wat Christus aan Sy dissipels gesê het, was daar iets
waarmee Judas in sy hart nie saamgestem het nie. Onder sy invloed
het die suurdeeg van ontevredenheid vinnig gerys. Die dissipels het
nie die ware werktuig in dit alles gesien nie; maar Jesus het gesien
dat die Satan Judas besiel het met sy eie karaktereienskappe om ’n
kanaal oop te stel om die ander dissipels te beïnvloed. Christus het
dit reeds gesê n jaar vóór Hy verraai is. “Het Ek nie julle twaalf
uitverkies nie? En een van julle is ’n duiwel!” Joh. 6: 70.
En tog het Judas nie openlike teenstand gebied of die Heiland se
lesse in twyfel getrek nie. Vóór die geval by die eetmaal aan Simon
se huis, het hy nooit openlik gekla nie. Toe Maria die voete van Jesus
gesalf het, het Judas sy inhaligheid geopenbaar. Nadat Jesus hom
bestraf het, was dit of sy hele gees verbitterd geraak het. Gekweste
trots en n begeerte vir weerwraak het al die verskansings afgebreek,
en die hebsug waaraan hy so lank toegegee het, het nou die oorhand
gekry. So sal dit ook gaan met almal wat aanhou om die sonde te
[738]
koester. Die elemente van verlaging wat nie weerstaan en oorwin
word nie, sal toegee aan die Satan se versoeking, en hy sal die siel
na willekeur gevangeneem.
Maar Judas was nie heeltemal verhard nie. Selfs nadat hy twee-
maal onderneem het om die Heiland te verraai, was daar nog
geleent- heid vir bekering. By die Pasga het Jesus Sy Godheid geo-
penbaar deur die verraaier ann die kaak te stel. Hy het Judas net so
liefdevol bedien soos die ander dissipels. Maar hy het nie gereageer
op die laaste bewys van liefde nie. Dit is toe dat Judas se lot verseël
is, en die voete wat Jesus gewas het, het uitgestap om die verraad te
gaan pleeg