658
DIE KONING VAN DIE EEUE
meedeel. Hy het die tevredenheid gevoel wat altyd kom ten gevolge
van diens vir God. Hy het gehelp om die siekes en lydendes onder
die skare na Christus te bring. Hy het gesien watter verlossing, watter
vreugde en blydskap in menslike harte kan kom deur die genesende
krag van die Hersteller. Hy het kans gehad om die metodes van
Christus te verstaan. Maar hy was verblind deur sy eie selfsugtige
begeertes. Judas was die eerste om, geesdrif uit te buit wat ontstaan
het ná die vermeerdering van die brode. Dit was hy wat die plan aan
die hand gedoen het om Christus met geweld koning te maak. Sy
hoop het hoog gestyg. Sy teleurstel ling was bitter.
Christus se preek in die sinagoge aangaande die brood van die
lewe, het die keerpunt gebring in die geskiedenis van Judas. Hy het
die woorde gehoor, “As julle nie die vlees van die Seun van die
mens eet en Sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself me.”
Joh. 6: 53 Hy het besef dat Christus geestelike, liewer as wêreldse
voordeel aanbied. Hy het homself as ’n versiende man beskou, en
hy het gemeen dat hy kon sien dat Jesus geen eer sou hê nie, en dat
Hy geen hoe I betrekkings aan Sy volgelinge kon gee nie. Hy het
besluit om homself nie so heg aan Christus te verbind dat hy nie kon
wegbreek nie. Hy sou wakker wees, en hy was ook.
Van tyd tot tyd het hy twyfel uitgespreek wat die dissipels ver-
byster het. Hy het twispunte en misleidende dinge ingebring, en die
argu-mente herhaal wat die skrifgeleerdes en Fariseërs teen Christus
se aan-sprake ingebring het. Al die klein en groot moeilikhede en
kruise, die skynbare hindernisse in die weg van die evangelie, het
Judas vertolk as bewyse teen die waarheid daarvan. Hy het tekste in-
gebring wat geen verband gehad het met die waarhede wat Christus
verkondig het nie. Hierdie tekste, uit hulle verband geneem, het die
[737]
dissipels in verwarring gebring, en die moedeloosheid wat gedurig
hulle harte beswaar het, vermeerder. En dit alles het Judas op so ’n
manier gedoen dat hy as baie opreg voorgekom het. En terwyl die
dissipels na bewyse gesoek het om die woorde van die groot Leraar
te bevestig, het Judas hulle byna ongemerk op ’n ander pad gelei.
So het hy, op ’n skynbaar baie godsdienstige en slim manier sake
voorgestel in ’n heeltemal ander lig as die wat Jesus hulle gegee het,
en hy het aan Sy woorde ’n betekenis gegee wat Hy nie geleer het
nie. Sy voorstelle het gedurig n eersugtige begeerte opgewek vir
stoflike voordeel, en so het hy die aandag van die dissipels afgelei