Page 661 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Judas
657
doen, doen dit haastig” Joh. 13: 27, het die dissipels gedink dat Jesus
hom beveel het om die benodighede vir die fees te koop, of om iets
vir die armes te gee. Deur in die behoeftes van ander te voorsien, kon
Judas ’n onselfsugtige gees ontwikkel het. Maar terwyl hy daeliks na
die onderrig van Christus geluister, en Sy onselfsugtige lewe gesien
het, het Judas hom oorgegee aan hebsug. Die klein bedraggies wat
in sy hande gekom het, was ’n gedurige bron van versoeking vir
hom. Dikwels wanneer hy ’n diensie vir Christus verrig het, of
godsdienstige werk gedoen het, het hy homself betaal uit die skraal
fondse. Hy het gemeen dat dit hom geoorloof was, maar in Gods oë
was hy ’n dief.
Die verklaring wat Christus so dikwels herhaal het dat Sy ko-
ninkryk nie van hierdie wêreld was nie, het Judas aanstoot gegee. Hy
het die program opgestel waarvolgens Christus, soos hy gemeen het,
moes werk. Volgens hom moes Johannes die Doper uit die gevange-
nis verlos word. Maar nee, Johannes is verlaat om onthoof te word.
En Jesus, pleks dat Hy Sy koninklike gesag gebruik het om die dood
van Johannes te wreek, het met Sy dissipels na die platteland gegaan.
Judas het daadwerklike optrede verlang. Hy het gemeen dat as Jesus
nie die dissipels sou verhinder om hulle planne uit te voer nie, sou
hulle meer sukses gehad het. Hy het gesien hoedat die vyandigheid
van die Joodse leiers toeneem, en hy het gemerk dat Christus nie
hulle uitdaging aanvaar het toe hulle van Hom ’n teken uit die hemel
begeer het nie. Sy hart was oop vir ongeloof, en die vyand het in sy
hart twyfel en rebellie laat ontstaan. Waarom het Jesus so dikwels
oor ontmoedigende sake gepraat? Waarom het Hy beproewing en
vervolging voorspel vir Homself en Sy dissipels ? Die vooruitsig van
n hoë plek in die nuwe koninkryk het Judas beïnvloed om die saak
[736]
van Christus aan te neem. Sou sy hoop teleurgestel word? Judas het
nie tot die besluit, gekom dat Jesus nie die Seun van God was nie;
maar hy het getwyfel, en het geprobeer om ’n verklaring te vind vir
Sy magtige werke.
Nieteenstaande die Heiland se eie leer, het Judas gedurig die
idee. voorgehou dat Christus as koning in Jerusalem sou regeer.
Toe die vyfduisend gevoed is, het hy geprobeer om hierdie idee
te verwesenlik.By daardie geleentheid was Judas behulpsaam met
die uitdeling van die voedsel aan die hongerige skare. Hy het toe
geleentheid gehad om die voordele te sien wat hy aan ander kon