Page 660 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

656
DIE KONING VAN DIE EEUE
die bewys van Christus se krag gevoel. Hy het erken dat die leer
van Christus alles oortref het wat hy nog ooit gehoor het. Hy het die
groot Leraar liefgehad, en hy wou graag by Hom wees. Daar was ’n
begeerte by hom vir ’n verandering van sy karakter en lewe, en hy het
gehoop dat dit sou plaasvind; as hy hom by Jesus voeg. Die Heiland
het Judas nie afgewys nie. Hy het hom ’n plek onder die twaalf
gegee. Hy het hom vertrou om die werk van ’n evangelis te doen. Hy
het aan hom mag gegee om die j siekes te genees en duiwels uit te
werp. Maar Judas het homself nooit volkome aan Christus oorgegee
nie. Hy het sy wêreldse eer- sugtigheid en sy liefde vir geld nooit
versaak nie. Toe hy die pos as dienaar van Christus aanvaar het, het
hy hom nie deur die goddelike krag laat vorm nie. Hy het gevoel dat
hy sy eie oordeel en opinies kon behou, en hy het toegegee aan die
neiging om te kritiseer en te beskuldig.
Die dissipels het baie van Judas gedink, en hy het groot invloed
oor hulle gehad. Hy self het ’n hoë dunk van sy eie bevoegdhede
gehad, en hy het gemeen dat sy broeders nie so oordeelkundig en
bekwaam as hy was nie. Hy het gemeen dat hulle nie besef het watter
kanse hulle gehad het, of gebruik gemaak het van die omstandighede
nie. Die kerk sou nooit vooruitgaan met sulke kortsigtige manne as
leiers nie. Petrus was voortvarend; hy sou handel sonder om te dink.
Johannes, wat die waarhede wat Christus gespreek het, as skatte
bewaar het, is deur Judas as ’n swak finansier beskou. Mattheus, wie
se opleiding hom geleer het dat hy in alles akkuraat moes wees, was
baie eerlik; hy het gedurig gepeins oor die woorde van Christus, en
is so in beslag geneem daardeur, dat hy, soos Judas gedink het, nie
met insig en wysheid besigheid sou kon doen nie. So het Judas al
die dissipels opgesom, en hy het homself met die gedagte gevlei dat
[735]
die kerk dikwels in moeilikheid en verleentheid sou verkeer het as
dit nie vir sy bekwaamheid as bestuurder was nie. Judas het homself
beskou as die een wat wakker is en nie om die bos gelei kon word
nie. Volgens sy eie berekening was Hy ’n eer vir die saak, en so het
hy hom ook altyd voorgedoen.
Judas was blind vir die gebreke in sy eie karakter, en Christus
het hom geplaas waar hy geleentheid sou kry om dit te besef en
hom te verbeter. As tesourier vir die dissipels was dit sy werk om
voorsiening te maak vir die behoeftes van die groep, en om die armes
te help. Toe Jesus daar in die oppersaal aan hom gesê het, “Wat jy