Page 659 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Judas
IN die geskiedenis van Judas het ons die treurige einde van ’n
lewe wat wel deur God kon geëer gewees het. As Judas sou gesterf
het vóór daardie laaste reis na Jerusalem, sou hy beskou gewees
het as ’n man wat sy plek onder die twaalf waardig was, en sy
heengaan sou as ’n verlies beskou gewees het. Die afsku waarmee
daar aan hom gedink is deur die eeue, sou uitgebly het as dit nie was
vir die karaktereien- skappe wat aan die einde van sy geskiedenis
geopenbaar is nie. Maar sy karakter is met ’n doel aan die wêreld
geopenbaar. Dit moes as waarskuwing dien vir almal, wat soos hy,
verraad sou pleeg.
n Rukkie voor die Pasga, het Judas weer in verbinding getree
met die priesters om Jesus in hulle hande oor te lewer. Toe is daar oor-
eengekom dat Hy gevangegeneem moes word by een van die plekke
wat Hy gewoonlik besoek het vir gebed en oorpeinsing. Sedert die
eetmaal aan die huis van Simon, het Judas tyd gehad om na te dink
oor die daad wat hy onderneem het, maar hy het nie van doel verander
nie. Vir dertig silwerstukke — die prys van ’n slaaf — het hy die
Here van heerlikheid verkoop om die skanddood te sterf.
Judas was van nature baie lief vir geld; maar hy was nie altyd so
verlaag om so ’n daad soos hierdie te doen nie. Hy het die bose gees
van hebsug vertroetel totdat dit sy een lewensdoel geword het. Die
liefde vir mammon het swaarder geweeg as sy liefde vir Christus.
Deur die slaaf van een euwel te word het hy hom oorgegee aan die
[734]
Satan om tot die uiterste van die sonde gedryf te word.
Judas het by die dissipels aangesluit toe die skares Christus
gevolg het. Die Heiland se leer het hulle harte aangeraak terwyl
hulle na Sy boeiende woorde in die sinagoge, by die meer, en op die
berg geluister het. Judas het gesien hoe die siekes, die kreupeles en
die blindes na Jesus gestroom het van die dorpe en die stede. Hy
het gesien hoe die sterwendes aan Sy voete gelê word. Hy het die
Heiland se magtige wonderwerke gesien waar Hy die siekes genees,
duiwels uitgewerp, en die dode opgewek het. In sy eie hart het hy
655