Page 658 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

654
DIE KONING VAN DIE EEUE
Die priesters en owerstes het die waardigheid van hulle posisie
vergeet, en hulle het geskel op die Seun van God. Hulle het Hom
beledig in verband met Sy geboorte. Hulle het verklaar dat Sy aan-
matiging deur te sê dat Hy die Messias is, ’n skanddood verdien.
Selfs die laagste manne daar het deelgeneem aan die mishandeling.
Daar is ’n ou kleed oor Sy hoof gegooi, en Sy vervolgers het Hom
in die gesig geslaan en gesê: “Profeteer vir ons, Christus! Wie is dit
wat U geslaan het?” Toe hulle die kleed weer aftrek, het een van
hulle in Sy gesig gespuug.
Die engele van God het getrou elke woord en daad en blik van
minagting teen hulle geliefde Aanvoerder opgeskryf. Eendag sal
diegene wat die bleek gelaat van Christus verag en daarop gespuug
het, Hom aanskou in ’n heerlikheid wat die van die son oortref.
[733]