Voor Annas en die Hof van Kajafas
653
Messiasskap sou hulle miskien kon voorstel as ’n oproerige politieke
aanspraak.
“
As u die Christus is, sê vir ons,” het hulle gesê. Maar Christus het
geswyg. Hulle het aangehou om Hom te bestook met vrae. Eindelik
het Hy droewig gesê: “As Ek vir u sê, sal u tog nie glo nie. En
as Ek vra, sal u My tog nie antwoord of loslaat nie.” Maar sodat
hulle sonder verskoning kon wees, het Hy die plegtige waarskuwing
gegee, “Van nou af sal die Seun van die mens sit aan die regterhand
van die krag van God.”
“
Is U dan die Seun van God?” het hulle tegelyk gevra. En Hy het
hulle geantwoord, “U sê dat Ek is.” Toe het hulle uitgeroep, “Wat het
ons nog getuienis nodig! Want ons het dit self uit Sy mond gehoor.”
En so sou Jesus op hierdie derde veroordeling van die Joodse
gesag sterf. Al wat nou nog nodig was, het hulle gemeen, was dat
[732]
Toe het die derde toneel van mishandeling en bespotting afge-
speel, baie erger as die wat Hy ontvang het van die gepeupel. In
die teenwoordigheid van die priesters en owerstes, en met hulle
goedkeuring het dit plaasgevind. Alle gevoel van medelyde en van
menslikheid het uit hulle harte gewyk. As hulle argumente swak was
en nie daarin geslaag het om Hom stil te maak nie, het hulle ander
wapens gehad —- daardie wapens wat deur die eeue gebruik is om
ketters die swye op te lê, naamlik die wapens van foltering, geweld
en die dood.
Toe die regters hulle uitspraak teen Jesus gegee het, het ’n sata-
niese woede die mense beetgepak. Die gebulder van stemme was
soos die van wilde diere. Die skare het op Jesus afgestorm en ge-
skreeu: Hy is skuldig, maak Hom dood! As dit nie vir die Romeinse
soldate was nie, sou Jesus nie geleef het om aan die kruis van Gol-
gota genael te word nie. Hy sou verskeur gewees het voor Sy regters,
as die Romeinse gesag nie tussenbei getree en deur wapengeweld
die skare teëgehou het nie.
Die heidense manne was verontwaardig oor die brutale behande-
ling van iemand teen wie niks bewys is nie. Die Romeinse offisiere
het verklaar dat die Jode in hulle veroordeling van Jesus inbreuk
gemaak het op die gesag van die Romeinse owerheid, en dat dit selfs
teen die Joodse wet was om iemand tot die dood te veroordeel op sy
eie getuienis. Hierdie optrede het die verrigtings onderbreek; maar
die Joodse leiers was dood vir jammerte of skaamtegevoel.