652
DIE KONING VAN DIE EEUE
Eensaam en in die duisternis het hy voortgestrompel; hy het
nie geweet waarheen nie en het ook nie omgegee nie. Eindelik het
hy homself weer in Getsemane bevind. Die tonele van n paar uur
tevore het helder voor sy gees gekom. Die lydende aangesig van
sy Here, verwronge en bevlek met die bloedsweet, het voor hom
opgedoem. Met bittere selfverwyt het hy onthou dat Jesus alleen
geween en gesmeek het, terwyl hulle wie Hy gevra het om saam
met Hom te waak in daardie beproewingsuur geslaap het. Hy het
Sy opdrag onthou, “Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom
nie.” Matt. 26: 41. Die toneel in die geregsaal het weer helder voor
hom gelewe. Dit was ’n marteling vir sy gebroke hart om te weet
dat hy die Heiland se lyde en droefheid nog swaarder gemaak het.
Op dieselfde plek waar Jesus Sy smeekgebede tot Sy Vader gebid
het, het Petrus op sy aangesig geval, en gewens dat hy kon sterf.
Dit was deur te slaap, nadat Jesus hom vermaan het om te waak
en te bid, dat Petrus die weg oopgemaak het vir sy groot sonde.
Deur op daardie kritieke uur te slaap, het al die dissipels ’n groot
[731]
verlies gely. Christus het geweet van die groot beproewing wat hulle
sou moes deurmaak. Hy het geweet hoe die Satan sou werk om
hulle gevoelens te verstomp sodat hulle nie gereed sou wees vir die
beproewing nie. Dit is daarom dat Hy hulle gewaarsku het. As Petrus
daardie ure in die tuin sou gewaak en gebid het, sou hy nie later op
sy eie swakke krag moes steun nie. Hy sou sy Here nie verloën het
nie. As die dissipels saam met Christus sou gewaak het in Sy lyde,
sou hulle voorbereid gewees het om Hom te sien sterf aan die kruis.
In ’n sekere mate sou hulle Sy oorweldigende angs verstaan het.
Hulle sou herinner gewees het aan Sy voorspelling van Sy lyde, Sy
dood, en Sy opstanding. In die duisternis van daardie vreeslike uur,
sou ligstrale die duisternis verlig en hulle geloof versterk het.
Sodra dit dag geword het, het die Sanhedrin weer vergader, en
weer is Jesus in die raadsaal gebring. Hy het verklaar dat Hy die Seun
van God is, en hulle het daardie verklaring die aanklag teen Hom
gemaak. Maar hulle kon Hom nie op hierdie aanklag veroordeel nie,
want baie van hulle was nie op daardie nagsitting teenwoordig nie,
en hulle het nie Sy woorde gehoor nie. Ook het hulle geweet dat
die Romeinse geregshof Hom nie op daardie aanklag tot die dood
sou veroordeel nie. As hulle egter weer daardie woorde uit Sy eie
mond kon hoor, mag hulle hulle doel bereik. Sy aanspraak op die