Page 655 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Voor Annas en die Hof van Kajafas
651
Petrus afgekap is, aan hom gevra het, “Het ek jou nie in die tuin by
Hom gesien nie?” “Waarlik, jy behoort by hulle, want jy is ook ’n
Galileër en jou spraak is net so.” Dit het Petrus woedend gemaak.
Die dissipels van Jesus was bekend vir die kiesheid van hulle taal,
en om sy ondervraers heeltemal te mislei en om sy aangenome
karakter te regverdig, het Petrus nou sy Meester met verwensings en
vloeke verloën. Weer het die haan gekraai. Hierdie keer het Petrus
dit gehoor en hy het die woorde van Jesus onthou, “Voordat die haan
tweemaal kraai, sal jy My driemaal verloën.” Markus 14: 30.
Toe die verlagende vloeke nog skaars van Petrus se lippe wegge-
sterf het, en toe die gekraai van die haan nog in sy ore weerklink,
het die Heiland Sy hoof weggedraai van Sy fronsende regters, en
Sy arme dissipel vol in die aangesig gekyk. Terselfdertyd het Petrus
se oë die van sy Meester ontmoet. In daardie sagmoedige gelaat
het hy groot ontferming en droefheid gelees, maar daar was nie
verontwaardiging nie.
[730]
Die aanskoue van daardie bleek, lydende gelaat, daardie bewende
lippe, daardie blik van ontferming en vergifnis, het sy hart deurboor
soos ’n vlym. Sy gewete is wakker gemaak. Sy geheue het aktief
geword. Petrus het die belofte onthou wat hy n paar uur tevore
gemaak het, dat hy in die gevangenis of in die dood met sy Here
sou gaan. Hy het onthou hoe sleg hy gevoel het toe die Heiland hom
daar in die bovertrek meegedeel het dat hy Hom nog daardie nag
driemaal sou verloën. Petrus het so pas verklaar dat hy Jesus glad nie
geken het nie, maar nou het hy met bittere droefheid besef hoe goed
sy Here hom geken het, en hoe reg Hy sy hart gelees het, waarvan
hy die valsheid self nie geken het nie.
Skielik het hy aan baie dinge gedink. Die Heiland se ontferming,
Sy vriendelikheid en lankmoedigheid, Sy sagmoedigheid en geduld
teenoor Sy swakke dissipels — al hierdie dinge het hy onthou. Hy
het die waarskuwing onthou, “Simon, Simon, kyk, die Satan het
vurig begeer om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid,
dat jou geloof nie mag ophou nie.” Lukas 22: 31, 32. Hy het met
afsku gedink aan sy eie ondankbaarheid, sy valsheid, sy leuens. Weer
eens het hy na sy Meester gekyk, en toe sien hy hoedat n onheilige
hand Hom in die gesig slaan. Nie in staat om die toneel langer te
verduur nie, het hy hom met ’n gebroke hart uit die saal gehaas.