650
DIE KONING VAN DIE EEUE
Die dissipel Johannes, toe hy die geregsaal binnegegaan het, het
nie geprobeer om die feit te verberg dat hy ’n volgeling van Jesus
was nie. Hy het nie aangesluit by die ongemanierde groep wat sy
Meester beledig het nie. Hy is nie ondervra nie, want hy het nie
geprobeer om homself vals voor te doen en dus agterdog te wek nie.
Hy het ’n stil hoekie gesoek, waar die gepeupel hom nie sou sien
nie, maar so naby moontlik aan Jesus. Hier kon hy alles hoor en sien
wat by die verhoor van sy Here plaasgevind het.
Petrus wou nie die mense laat agterkom wie hy was nie. Deur
die onverskillige houding wat hy aangeneem het, het hy hom op die
vyand se grond geplaas, en hy het ’n maklike prooi van versoeking
geword. As hy geroep was om vir Sy Meester te veg, sou hy ’n
dapper soldaat gewees het; maar toe die vinger van veragting na
hom gewys is, het hy bewys dat hy ’n lafaard is. Baie wat nie sal
terugdeins vir aktiewe stryd vir hulle Here nie, sal onder bespotting
hulle geloof verloën. Deur omgang met diegene wat hulle behoort te
vermy, stel hulle hulleself in die weg van versoeking. Hulle versoek
die vyand om hulle te versoek, en hulle word gelei om dinge te sê en
te doen waaraan hulle onder ander omstandighede nooit skuldig sou
[729]
gewees het nie. Die dissipel van Christus wat in ons tyd sy geloof
verberg uit vrees vir lyding of bespotting, verloën sy Here net so
gewis soos Petrus daar in die geregsaal.
Petrus het geprobeer om geen belang te stel in die verhoor van
sy Meester nie, maar dit het sy hart baie seergemaak om die wrede
bespotting aan te hoor, en die mishandeling te aanskou wat Hy
moes verduur. Maar dit was nie al nie, hy was verbaas en gebelg
dat Jesus Homself en Sy volgelinge so verneder het deur Hom te
onderwerp aan daardie behandeling. Ten einde sy ware gevoelens te
bedek, het hy probeer aansluit by die vervolgers van Jesus in hulle
beledigende skertsery. Maar hy het onnatuurlik gelyk. Sy gedrag
was teenstrydig met sy oortuiging en terwyl hy geprobeer het om
onverskillig te gesels, kon hy nie help om verontwaardiging te toon
oor die belediging van sy Meester nie.
Die aandag is vir die tweede maal op hom gevestig, en weer is
hy daarvan beskuldig dat hy ’n volgeling van Jesus was. Hy het nou
met n eed gesê, “Ek ken die man nie.” Maar daar is nog ’n kans aan
hom gegee. ’n Uur het verbygegaan toe een van die knegte van die
hoëpriester, wat ’n bloedverwant van die man was wie se oor deur