Voor Annas en die Hof van Kajafas
649
Hy behandel is voor die raad, en dit het hulle vrypostig gemaak om
uiting te gee aan al die sataniese elemente van hulle natuur. Juis
die edele en goddelike houding van Christus het hulle waansinnig
gemaak. Sy sagmoedigheid, Sy onskuld en Sy geduld het hulle
met ’n haat, gebore uit die Satan, vervul. Genade en regverdigheid
is vertrap. Nog nooit is ’n misdadiger op meer onmenslike wyse
mishandel as wat hulle die Seun van God mishandel het nie.
[727]
Maar nog ’n groter angs het Jesus se hart verskeur; die slag wat
die meeste pyn veroorsaak het, kon geen vyand se hand toedien nie.
Ter- wyl Hy voor Kajafas verhoor is, is Christus deur een van Sy eie
dissipels verloën.
Na hulle hulle Meester in die tuin verlaat het, het twee van Sy
dissipels dit gewaag om op n afstand die bende te volg wat Jesus
gevangegeneem het. Hulle was Petrus en Johannes. Die priesters het
Johannes herken as een van Jesus se welbekende dissipels; hulle het
hom in die saal toegelaat, hopende dat hy, waar hy die vernedering
van sy Leier sien, die idee sou verwerp dat so iemand die Seun van
God kon wees. Op voorspraak van Johannes is Petrus ook in die saal
toegelaat.
[728]
In die binneplaas het daar ’n vuur gebrand, want dit was die
koudste uur van die nag, net vóór dagbreek. Daar was n aantal
mense rondom die vuur en Petrus het vermetel ook daar onder hulle
gaan staan. Hy wou nie uitgeken wees as ’n dissipel van Jesus nie.
Deur ongeërg met die skare te meng, het hy gehoop dat hulle hom
sou aan- sien vir een van die wat Jesus na die saai gebring het.
Maar toe die lig in Petrus se gesig skyn, het ’n vrou wat deur-
wagter was, hom stip aangekyk. Sy het opgemerk dat hy saam met
Johannes ingekom het, sy het gesien hoe neerslagtig hy lyk, en het
gedink dat hy moontlik ’n dissipel van Jesus kon wees. Sy was een
van die diens- meisies in Kajafas se huis, en sy was nuuskierig om
te weet. Sy het aan Petrus gevra, “Is jy tog nie een van Sy dissipels
nie?” Petrus was verskrik en verward; skielik was die oë van die
hele groep op hom gevestig. Hy het gemaak of hy haar nie verstaan
nie; maar sy het aan- gehou, en aan diegene rondom haar gesê dat
hierdie man ook by Jesus was. Petrus was verplig om te antwoord,
en hy het bitsig gesê, “Vrou, ek ken Hom nie.” Dit was die eerste
verloëning, en dadelik het die haan gekraai. O Petrus, hoe gou is jy
skaam vir jou Meester! Hoe gou verloën jy jou Here!