Page 652 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

648
DIE KONING VAN DIE EEUE
Deur sy klere te skeur en die tradisies van mense te volg, het
Kajafas die wet van God kragteloos gemaak. Volgens ’n menslike
wet kon ’n priester sy klere skeur om sy verfoeiing te toon vir
godslastering, en hy sou onskuldig wees. So is die wet van God
kragteloos gemaak deur die wette van mense.
Elke daad van die hoëpriester is met belangstelling gadegeslaan
deur die mense; en om ’n indruk te maak, het Kajafas hierdie open-
baring van sy vroomheid gegee. Maar in hierdie daad, bedoel as ’n
beskuldiging teen Christus, het hy die Een beledig van wie God gesê
[726]
het, “My Naam is in Hom.” Exod. 23:21. Hyself het godslastering
gepleeg. Terwyl hy onder die veroordeling van God gestaan het,het
hy Christus veroordeel as ’n godslasteraar.
Toe Kajafas sy klere geskeur het, was sy daad n aanduiding van
die verhouding waarin die Jode as volk daarna sou staan teenoor
God. Die eertydse uitverkore volk van God was besig om hulleself
af te j skei van Hom, en Jehova sou hulle nie meer erken nie. Toe
Christus aan die kruis uitgeroep het, “Dit is volbring” Joh. 19.30, en
toe die voorhangsel van die tempel in twee geskeur is, het die Heilige
Wagter verklaar dat die Joodse volk Hom verwerp het wat die teen-
beeld van al hulle tipes was, die liggaam van al hulle skaduwees.
Israel was geskei van God. Kajafas kon wel sy offisiële kleed skeur,
wat die bewys was dat hy voorgegee het om ’n verteenwoordiger van
i die groot Hoëpriester te wees; want daardie kleed het vir hom en vir
die volk nou nie meer betekenis gehad nie. Wel mag die hoëpriester
sy klere skeur in afsku aan homself en aan die hele volk.
Die Sanhedrin het die doodvonnis oor Jesus uitgespreek; maar
dit was teen die Joodse wet om ’n gevangene in die nag te verhoor.
Geen vonnis kon uitgespreek word behalwe in die dag nie, en dit
na n voltallige raadsitting. Maar nieteenstaande dit, is die Heiland
nou behandel as ’n veroordeelde misdadiger, en Hy is oorgegee om
mishandel te word deur die laagste en vuilste onder die mense. Die
paleis van die hoëpriester het ’n binneplaas gehad waarin die soldate
en die skare vergader het. Deur hierdie binneplaas is Jesus geneem
na die sel, en aan alle kante is Hy gehoon met Sy aanspraak dat
Hy die Seun van God was. Sy eie woorde dat Hy sal “sit aan die
regterhan van God,” en dat Hy “sal kom op die wolke van die hemel”
is spottend herhaal. Terwyl Hy in die sel gewag het op Sy geregtelike
verhoor, is Hy nie beskerm nie. Die gepeupel het gesien hoe wreed