Voor Annas en die Hof van Kajafas
647
verhoor veroordeel moet word vir godslastering. “Wat het ons nog
getuie nodig!” het hy gevra, “julle het die godslastering gehoor; wat
dink julle?” Toe het hulle almal Hom veroordeel.
Oortuiging gemeng met woede het Kajafas beweeg om te doen
wat hy gedoen het. Hy het homself verfoei omdat hy na Christus se
woorde geluister het, en pleks dat hy sy hart geskeur het onder die
diep indruk van die waarheid, en bely het dat Jesus die Messias is,
het hy sy priesterlike kleed geskeur in vasberade weerstand. Hierdie
daad het baie groot betekenis gehad. Min het Kajafas die betekenis
besef. In hierdie daad, gedoen om die regters te beïnvloed en Christus
[725]
se veroordeling te verkry, het die hoëpriester homself veroordeel.
Deur die wet van God het hy homself ongeskik gemaak vir die
priesterskap. Hy het die doodvonnis oor homself uitgespreek.
Dit was nie vir ’n hoëpriester geoorloof om sy klere te skeur
nie. Deur die Levitiese wet was dit strafbaar met die dood. Onder
geen omstandighede, en by geen geleentheid, moes die hoëpriester
sy kleed skeur nie. Dit was die gebruik onder die Jode om hulle klere
te skeur by die dood van vriende, maar die priesters moes dit nie
doen nie. Deur die uitdruklike gebod van Christus deur Moses is dit
belet. Lev. 10: 6.
Alles wat deur die hoëpriester gedra is, moes heel geweef wees,
en sonder gebrek. Deur daardie mooi klere is die karakter voorgestel
van die groot teenbeeid, Jesus Christus. Niks behalwe volmaaktheid
in klere en gedrag, en in woord en gees, sou vir God aanneemlik
wees nie. Hy is heilig, en Sy heerlikheid en volmaaktheid moes
voorgestel word in die aardse diens. Niks behalwe volmaaktheid kan
die heiligheid van die hemelse diens reg voorstel nie. Die sondige
mens mag sy eie hart skeur deur ’n nederige en boetvaardige gees te
openbaar. Dit sal God raak sien. Maar die priesterlike kleed moes
nie geskeur word nie want dit sou die voorstelling van hemelse
dinge bederf. Die hoëpriester wat dit sou waag om sy heilige amp
te beoefen in die diens van die heiligdom, met ’n geskeurde kleed,
is beskou as iemand wat homself van God afgesny het. Deur sy
kleed te skeur, het hy homself afgesny as n verteenwoordigende
karakter. Hy was vir God nie langer aanneemlik as dienende priester
nie. Die gedrag wat deur Kajafas geopenbaar is, het menslike drifte
en menslike onvolmaakt-heid getoon.