Page 650 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

646
DIE KONING VAN DIE EEUE
32.
Nou het Hy hierdie les deur Sy eie voorbeeld herhaal.
Elke oor is gespits, en elke oog op Sy aangesig gevestig, toe Hy
antwoord, “U het dit gesê.” Dit het geskyn of ’n hemelse lig Sy bleek
gelaat verlig toe Hy verder sê, “Maar Ek sê vir u almal: Van nou af
sal U die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag
van God en kom op die wolke van die hemel.”
Vir n oomblik het die Godheid van Christus deur Sy mensheid
geflits. Die hoëpriester het gesidder voor die deurdringende oë van
die Heiland. Dit het geskyn of daardie blik sy geheime gedagtes ge-
[724]
lees het, en dit het in sy hart ingebrand. Nooit daarna kon hy daardie
deurdringende blik van die vervolgde Seun van God vergeet nie.
Van nou af,” het Jesus gesê, “sal u die Seun van die mens sien
sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van
die hemel.” In hierdie woorde het Christus die teenoorgestelde van
die toneel voorgestel wat nou daar afgespeel het. Hy, die Here van
lewe en heerlikheid, sou aan die regterhand van God sit. Hy sal die
regter van die hele aarde wees, en teen Sy uitsprake kan daar geen
appél aan- geteken word nie. Dan sal elke geheime daad geopenbaar
word in die lig van Gods aanskyn, en die mens sal geoordeel word
volgens sy dade.
Die woorde van Christus het die hoëpriester laat skrik. Die ge-
dagte aan ’n opstanding van die dode, wanneer almal voor die
regter- stoel van God sal staan om beloon te word volgens hulle
werke, was ’n vreeslike gedagte vir Kajafas. Hy wou nie graag glo
dat hy in die toekoms geoordeel sal word volgens sy werke nie. In
sy verbeelding het hy die tonele van die laaste oordeel gesien. Vir ’n
oomblik het hy gesien hoe die grafte oopgaan en die dode uitlewer
met die geheime wat, soos hy gehoop het, vir ewig verborge sou
wees. Vir ’n oomblik het dit gevoel asof hy voor die ewige Regter
staan, wie se oog alle dinge sien, en dat sy siel gelees word, en al
die geheime wat met die dood begrawe is, aan die lig gebring word.
Die toneel het voor die priester vervaag. Christus se woorde het
hom, die Sadduseër, baie diep geraak. Kajafas het die leer van die
opstanding, die oordeel, en die toekomstige lewe, geloën. Nou is hy
aangegryp deur ’n sataniese woede. Was hierdie man, die gevangene,
voor hom om sy geliefkoosde teorieë aan te val? Hy het sy kleed
geskeur om die mense onder die indruk te bring van sy geveinsde
verontwaardiging, en geëis dat die gevangene sonder enige verdere