Voor Annas en die Hof van Kajafas
645
breek en dit in drie dae opbou.” So is Christus se woorde verdraai.
As hulle weergegee sou gewees het presies soos Hy hulle gespreek
het, sou selfs die Sanhedrin Hom nie daarop kon veroordeel het nie.
As Jesus maar ’n blote mens was soos die Jode beweer het, kon Sy
woorde op die ergste maar grootpratery gewees het; hulle sou nie as
godslastering kon beskou word nie. Maar selfs so verdraai soos dit
was deur die valse getuies, het Sy woorde niks bevat wat deur die
Romeine sou beskou word as ’n misdaad wat die doodstraf verdien
nie.
[723]
Geduldig het Jesus na die weersprekende getuienis geluister.
Hy het geen woord in selfverdediging geuiter nie. Eindelik was
Sy beskuldigers deurmekaar, verward, en kwaad. Die verhoor het
geen vordering gemaak nie; dit het gelyk of hulle planne sou misluk.
Kajafas I was desperaat. Daar was nog net een ding waarop hulle kon
terugval; Christus moet gedwing word om Homself te veroordeel.
Die hoëpriester het van die regterstoel af opgestaan; sy gelaat was
verwronge van woede, en sy stem en houding het duidelik getoon dat
indien dit in sy mag was, sou hy die gevangene voor hom platslaan.
“
Antwoord U niks nie?” het hy uitgeroep. “Wat getuig hierdie manne
teen U?” Maar Jesus het stilgebly. “Hy is mishandel hoewel Hy
onderworpe was, en Hy het Sy mond nie oopgemaak nie; soos ’n
lam wat na die slagplek gelei word en soos ’n skaap wat stom is voor
sy skeerders —-ja, Hy het Sy mond nie oopgemaak nie.” Jes. 53: 7.
Eindelik het Kajafas, met sy regterhand na die hemel uitgestrek,
Jesus aangespreek in die vorm van ’n plegtige eed: “Ek besweer U
by die lewende God dat U vir ons sê of U die Christus, die Seun van
God, is?”
Op hierdie versoek kon Christus nie stilbly nie. Daar was ’n
tyd om te swyg, en n tyd om te spreek. Hy het nie gespreek tensy
daar regstreeks ’n vraag aan Hom gestel is nie. Hy het geweet dat
Sy antwoord nou Sy dood sou verseker. Maar die vraag is gestel
deur die hoogste erkende gesag van die volk, en in die Naam van
die Allerhoogste. Christus kon nie in gebreke bly om behoorlike
respek vir die wet te toon nie. En wat meer is, Sy eie verhouding tot
die Vader is be- twyfel. Hy moes die aard van Sy sending duidelik
verklaar. Jesus het aan Sy dissipels gesê, “Elkeen dan wat My sal
bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor My Vader wat in die
hemele is.” Matt. 10: