Page 648 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

644
DIE KONING VAN DIE EEUE
woede van Hom af te wend. Kajafas het dit geweet, en hy wou so
n stryd vermy. Daar was baie getuies om te bewys dat Christus die
priesters en skrifgeleerdes veroordeel het, dat Hy hulle geveinsdes
en moordenaars genoem het; maar dit was nie raadsaam om hierdie
getuienis voor te lê nie, want die Sadduseërs het, in hulle twiste met
die Fariseërs, dieselfde taal gebruik. En sulke getuienis sou van geen
waarde wees vir die Romeine wat self die geveinsdheid van die Fari-
seërs verfoei het nie. Daar was baie getuienis dat Jesus die tradisies
van die Jode veronagsaam, en oneerbiedig gespreek het van hulle
insettinge; maar wat tradisies betref, het die Fariseërs en Sadduseërs
uiters vyandig teenoor mekaar gestaan; en ook daardie getuienis sou
geen invloed by die Romeine hê nie. Christus se vyande kon dit nie
waag om Hom van Sabbatskending te beskuldig nie, want getuienis
in daardie verband kon miskien die aard van Sy werk openbaar. As
Sy wonderwerke van genesing aan die lig sou kom, sou die priesters
hulle hele doel verydel.
Valse getuies is omgekoop om Jesus te beskuldig van aanhitsing
tot rebellie en die strewe na ’n onafhanklike regering. Maar hulle
getuienis was vaag en weersprekend. Onder kruisverhoor het hulle
hulle eie verklarings weerspreek.
Vroeg in Sy bediening het Christus gesê, “Breek hierdie tempel
af, en in drie dae sal Ek dit oprig.” In die figuurlike taal van profesie
het Hy Sy eie dood en opstanding voorspel. “Maar Hy het oor die
tempel van Sy liggaam gespreek.” Joh. 2: 19, 21. Die Jode het
hierdie woorde letterlik opgeneem en verstaan dat dit betrekking
het op die tempel in Jerusalem. Van alles wat Christus gesê het,
kon die priesters niks vind om teen Hom te gebruik behalwe dit
nie. Deur ’n verkeerde vertolking van hierdie woorde het hulle
gehoop om voordeel te trek. Die Romeine was behulpsaam met
die herbou en versiering van die tempel, en hulle was baie trots
daarop; enige minagting daarvoor sou hulle gewis verontwaardig
[722]
het. Daar kon Romeine en Jode, Fariseërs en Sadduseërs op gelyke
voet verkeer, want almal het groot eerbied vir die tempel gehad. Op
hierdie punt is daar twee getuies gevind wie se getuienis mekaar
nie so erg weerspreek het soos in die geval van die ander nie. Een
van hulle wat omgekoop was om teen Jesus te getuig, het verklaar,
Hierdie man het gesê: Ek kan die tempel van God af-