Voor Annas en die Hof van Kajafas
643
sommige nou geswore vyande van Jesus was. Hy self, alhoewel hy
nie n sterk karakter gehad het nie, was net so hardvogtig, gevoelloos
en gewetenloos soos Annas. Hy sou alles in sy vermoë doen om
Jesus uit die weg te ruim. Dit was nou vroeg in die oggend en nog
baie donker;met die lig van fakkels en lanterns het die gewapende
bende met hulle gevangene na die hoëpriester se paleis gegaan. Daar,
terwyl die Sanhedrin besig was om te vergader, het Annas en Kajafas
Jesus weer ondervra, maar sonder sukses.
Toe die raad in die geregsaal vergader het, het Kajafas die voor-
sitterstoel ingeneem, en aan beide kante van hom het die regters
gesit, en diegene wat belanggestel het in die verhoor. Die Romeinse
soldate het Stelling ingeneem op die platform onder die troon. Jesus
het aan die voet van die troon gestaan. Die blik van die hele skare
daar was op Hom gevestig. Die opgewondenheid was groot. Onder
daardie hele skare was Hy die enigste een wat kalm en bedaard was.
In die atmosfeer rondom Hom was daar ’n heilige invloed.
Kajafas het Jesus beskou as sy mededinger. Die gretigheid van
die mense om na die Heiland te luister, en hulle skynbare bereid-
willigheid om Sy leer aan te neem, het die hoëpriester bitter jaloers
gemaak. Maar toe Kajafas nou die gevangene betrag het, is hy getref
deur Sy edele en waardige houding. Die oortuiging het by hom pos-
gevat dat hierdie man soos God was. Maar die volgende oomblik het
hy hierdie gedagte met veragting verwerp. Onmiddellik daarna het
hy minag- tend beveel dat Jesus een van Sy magtige wonders voor
hulle moes doen. Maar wat die Heiland betref, het sy woorde op
dowe ore geval. Die mense het die opgewondenheid en kwaadwillige
gedrag van Annas en Kajafas vergelyk met die kalm, majestueuse
houding van Jesus. Selfs by daardie geharde skare het die vraag
opgekom, Moet hierdie man met so ’n goddelike voorkomste ver-
oordeel word as ’n misdadiger?
[721]
Kajafas wat die gevoelens gesien het wat daar geheers het, het
die verhoor bespoedig. Die vyande van Jesus was in ’n groot moei-
likheid. Hulle was vasberade om Sy veroordeling te verkry, maar
hoe, het hulle nie geweet nie. Die raadslede was verdeel in Fariseërs
en Sadduseërs. Hulle het vyandig en strydlustig teenoor mekaar
gestaan; sekere geskil- punte kon hulle nie waag om aan te roer nie
uit vrees vir ’n twis. Met ’n paar woorde kon Jesus ’n saak aange-
roer het wat die twee groepe in ’n twis sou wikkel om dus hulle