642
DIE KONING VAN DIE EEUE
die Assiriese leër van honderd vyf-en-tagtigduisend man gedood.
Hoe maklik kon die engele, by die aanskouing van die skandelike
verhoor van Christus, bewys gegee het van hulle afkeur deur die
vyande van God te verteer! Maar hulle het geen opdrag gehad om
dit te doen nie. Hy wat Sy vyande oombliklik kon dood, het hulle
wreedheid verdra. Sy liefde vir Sy Vader, en Sy belofte, gemaak by
die grond- legging van die wêreld, om die draer van die sonde te
word, het Hom die wrede behandeling van die kant van diegene wat
Hy kom red het, geduldig laat verdra. Dit was deel van Sy sending
om in Sy mensheid al die smaad en mishandeling te verdra wat
mense Hom kon aandoen. Die enigste hoop vir die mensdom was
dat Christus Hom sou onderwerp aan alles wat Hy moes verduur van
mense.
Christus het niks gesê wat Sy aanklaers enige kans teen Hom kon
gee nie; nogtans het Hy vasgebind gestaan, om te toon dat Hy ver-
oordeel was. Maar daar moes darem ’n skyn van regverdigheid wees.
Dit was nodig dat daar ’n vorm van ’n geregtelike verhoor moes
wees, en dit wou die Joodse owerheid verhaas. Hulle het geweet
watter hoë agting die mense vir Jesus gehad het, en hulle het gevrees
dat as die gevangeneming rugbaar word, die mense sou probeer om
Hom vry te stel. En dan weer, as die verhoor en teregstelling nie
dadelik geskied nie, sou die saak vir ’n week uitgestel moes word
van weë die viering van die Pasga. Dit kon hulle planne verydel. Om
die veroordeling van Jesus te verkry, het hulle grotendeels gereken
op die geskreeu van die gepeupel, wat uit die skuim van Jerusalem
bestaan het. As daar ’n week se uitstel sou wees, sou die opgewon-
denheid bedaar, en daar mag ’n reaksie kom. Die beter gedeelte van
die volk sou reageer ten gunste van Christus; vele sou getuienis
aflê in Sy guns, en getuig van die magtige werke wat Hy gedoen
het. Dit sou die verontwaardiging van die mense opwek teen die
[720]
Sanhedrin. Hulle handelwyse sou veroordeel word, en Jesus sou
vrygestel word om op nuut die hulde van die skare te ontvang. Die
priesters en owerstes het derhalwe besluit dat Jesus in die hande van
die Romeine oorgelewer moes word voordat hulle planne bekend
word.
Maar eerste van alles moes hulle ’n aanklag vind. Tot dusver
het hulle nog niks uitgerig nie. Annas het beveel dat Jesus voor
Kajafas gebring moes word. Kajafas was n Sadduseër, onder wie