Voor Annas en die Hof van Kajafas
641
hulle gespreek het,” het Jesus geantwoord; “hulle weet tog wat Ek
gesê het.”
Hierdie besliste antwoord het Annas die swye opgelê. Omdat
hy gevrees het dat Christus iets mag sê oor sy handelwyse wat hy
graag bedek wou hou, het hy Hom niks meer gevra nie. Een van die
be- amptes, woedend omdat hy gesien het hoe Annas stilgemaak is,
het Jesus in die gesig geslaan, en gesê, “Antwoord U die hoëpriester
so?”
Kalm het Christus hom geantwoord, “As Ek verkeerd gespreek
het, getuig van die verkeerdheid; maar as Ek reg gespreek het,
waarom slaan jy My?” Hy het nie bitsige woorde gespreek nie.
Sy kalm antwoord bet uit ’n hart gekom wat sondeloos, lankmoedig,
en sagmoedig was, en wat nie uitgetart kon word nie.
Hierdie mishandeling en belediging het Christus baie seerge-
maak. Van mense wat Hy self geskape het, en vir wie Hy hierdie
verskriklike opoffering maak, moes Christus allerhande beledigings
verdra. En Hy het gely volgens die maat van Sy heiligheid en ver-
afskuwing van die sonde. Sy verhoor deur mense wat hulle soos
duiwels gedra het, was vir Hom ’n gedurige opoffering. Om omring
te wees van mense onder die beheer van die Satan was weersinwek-
kend vir Hom. En Hy het geweet dat Hy deur net vir een oomblik
Sy goddelike krag te ge- bruik, Sy wrede kwellers kon doodmaak.
[718]
Dit het Sy verhoor nog swaarder gemaak om te verduur.
Die Jode het ’n Messias verwag wat met groot uiterlike vertoon
geopenbaar sou word. Hulle het verwag dat Hy, deur middel van Sy
magtige wilskrag, die hele gedagtegang van die mense sou verander
hulle gemeen, sou Hy Sy eie verheffing verkry en hulle ambisies
ver- wesenlik. Toe Christus dus so met veragting behandel is, het Hy
sterk en hulle sou dwing om Sy opperheerskappy te aanvaar. Aldus,
het in versoeking gekom om Sy goddelike krag te openbaar. Deur ’n
[719]
woord, deur ’n blik, kon Hy Sy vervolgers dwing om te erken dat Hy
’
n opperheer was bokant konings en heersers, priesters en tempel.
Maar dit was Sy moeilike taak om die posisie van eenwording met
die mensheid te handhaaf.
Die engele van die hemel het elke beweging gadegeslaan wat
ge- maak is teen hulle geliefde aanvoerder. Hulle wou Christus baie
graag verlos. Onder God is die engele almagtig. By een geleentheid,
in gehoorsaamheid aan die bevel van Christus, het hulle in een nag