Page 644 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

640
DIE KONING VAN DIE EEUE
sou verenig teen Christus. Daar was twee aanklagte wat die Jode
graag wou bewys. As hulle kon bewys dat Jesus ’n godslasteraar is,
sou die Jode Hom veroordeel het. As Hy kon veroordeel word vir
sedisie, sou dit Sy veroordeling deur die Romeine verseker. Annas
het geprobeer om die tweede aanklag eerste te bewys. Hy het Jesus
ondervra aangaande Sy dissipels, en Sy leer, hopende dat die gevan-
gene iets sou sê waarop hulle Hom kon vastrek. Hy het geprobeer
om n verklaring te verkry wat sou bewys dat Hy besig was om ’n
geheime vereniging te stig met die doel om ’n nuwe koninkryk op
te rig. Dan sou die priesters Hom aan die Romeine kon uitlewer as
iemand wat die vrede verstoor, en ’n opstand wou verwek.
Christus het die doel van die priesters gelees soos ’n ope boek.
Asof Hy in die siel van Sy ondervraer gekyk het, het Hy ontken
dat daar ’n geheime ooreenkoms of vereniging tussen Hom en Sy
volgelinge was, of dat Hy hulle in die geheim en in die duisternis
gewerf het om Sy planne te bedek. Hy het geen geheime gehad in
verband met Sy planne en leer nie. “Ek het ronduit met die wêreld
gespreek”, het Hy gesê. “Ek het altyd in die sinagoge geleer en in
die tempel waar die Jode van alle kante bymekaarkom; en in die
geheim het Ek niks gespreek nie.”
[717]
Die Heiland het Sy eie metode van werk vergelyk met die meto-
des van Sy aanklaers. Vir maande het hulle Hom agtervolg, hopende
om Hom in ’n strik te lei, en Hom voor ’n geheime hof te bring, waar-
deur hulle valse getuienis kon verkry wat hulle nie op regverdige
wyse kon verkry nie. Nou was hulle besig om hulle plan ten uitvoer
te bring. Die middernagtelike gevangeneming deur die bende, die
bespotting en mishandeling vóór Sy veroordeling, of selfs vóór Sy
beskuldiging, dit was hulle metode, nie Syne nie. Hulle handelwyse
was teen die wet. Hulle eie wet het gelui dat ’n persoon as onskuldig
beskou moes word totdat hy skuldig bewys is. Die priesters het deur
hulle eie wette veroordeel gestaan.
Jesus het Hom tot Sy ondervraer gewend en gevra, “Wat ondervra
u My?” Het die priesters en owerstes dan nie spioene gestuur om Sy
bewegings dop te hou, en verslag te doen van elke woord wat Hy
gespreek het nie? Was daardie spioene dan nie teenwoordig op elke
byeenkoms van die volk om aan die priesters verslag te doen van al
Sy woorde en dade nie? “Ondervra hulle wat gehoor het wat Ek met