Page 643 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Voor Annas en die Hof van Kajafas
OOR die spruit Kedron, verby die tuine en olyfboorde, en deur
die stil strate van die slapende stad, het hulle Jesus vinnig geneem.
Dit was al ná middernag, en die lawaai van die skreeuende gepeupel
I het die stilte van die nag versteur. Die Heiland was gebind en streng
f bewaak, en Hy het in pyn geloop. Haastig is Sy bewaarders met
Hom na die paleis van Annas, die gewese hoëpriester.
Annas was die hoof van die dienende priestergesin, en uit eerbied
vir sy ouderdom is hy deur die volk beskou as hoëpriester. Sy raad is
gevra en aangeneem as die stem van God. Hy moes die eerste wees
wat Jesus as gevangene van die priesterlike mag sien. Hy moes teen-
woordig wees by die ondervraging van die gevangene, uit vrees dat
die minder ervare Kajafas nie daarin mag slaag om die doel te bereik
waarna hulle gestreef het nie. Sy bedrewenheid, lis, en slinksheid
moes vir hierdie okkasie gebruik word, want die veroordeling van
Christus moes in elk geval verkry word. Christus sou formeel deur
[715]
[716]
die Sanhedrin verhoor word, maar Hy moes voorlopig voor Annas
verskyn. Onder die Romeinse wet kon die Sanhedrin nie die dood-
vonnis voltrek nie. Al wat hulle kon doen, was om die gevangene
te ondersoek en vonnis uit te spreek, wat dan deur die Romeinse
gesag sou bekragtig word. Dit was dus noodsaaklik dat daar teen
Christus aanklagte gemaak moes word wat as krimineel deur die
Romeine beskou sou word. Daar moes ’n aanklag wees wat Hom
sou veroordeel in die oë van die Jode, ’n Hele paar van die priesters
en owerstes is oortuig deur Christus se leer, en dit was blote vrees
dat hulle in die ban gedoen sou word, wat hulle belet het om Hom
te bely. Die priesters het die vraag van Nikodemus nog nie vergeet
nie: “Oordeel ons wet die mens sonder om hom eers te hoor en te
weet wat hy doen?” Joh. 7: 51. Hierdie vraag het die raad vir ’n tyd
opgebreek, en hulle planne in die wiele gery. Josef van Arimathea
en Nikodemus was nie nou geroep nie, maar daar was ander wat
dit miskien kon waag om te spreek vir die handhawing van die reg.
Die verhoor moes so gereël word dat dit die lede van die Sanhedrin
639