Page 642 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

638
DIE KONING VAN DIE EEUE
gevangeneming was ’n te belangrike saak om aan ondergeskiktes
oor- gelaat te word; die listige priesters en ouderlinge het aangesluit
by die tempelpolisie, en die gepeupel en Judas na Getsemane gevolg.
Wat ’n bende vir daardie waardigheidsbekleërs om by aan te sluit
—’
n bende wat begerig was om ’n oproer te sien, en gewapen met
allerhande soorte wapens, asof hulle jag gemaak het op ’n wilde
dier!
Christus het Sy deurdringende blik gevestig op die priesters en
ouderlinge. Die woorde wat Hy tot hulle gerig het, sou hulle nooit
[713]
vergeet solank hulle leef nie. Dit was soos die skerp pyle van die
Almagtige. Met waardigheid het Hy gesê: Julle het teen My uitgetrek
soos teen ’n rower met swaarde en stokke. Dag vir dag was Ek saam
met julle in die tempel. Julle het alle geleentheid gehad om My
ge- vange te neem, maar julle het niks gedoen nie. Die nag is beter
geskik vir julle werk. “Maar dit is julle uur en die mag van die
duisternis.” Die dissipels was vreesbevange toe hulle sien dat Jesus
toelaat dat hulle Hom vang en vasbind. Hulle was verontwaardig
dat Hy hierdie vernedering van Homself en hulle toelaat. Hulle kon
Sy gedrag nie begryp nie, en hulle het Hom dit kwalik geneem dat
Hy Hom aan die bende oorgegee het. In hulle verontwaardiging en
vrees, het Petrus voorgestel dat hulle hulleself moes red. Hulle het
gehandel op sy voorstel, en toe “het al die dissipels Hom verlaat en
gevlug.” Maar Christus het hierdie verlating voorspel, “Kyk, die uur
kom en het nou gekom dat julle uitmekaar sal gejaag word, elkeen
na sy eie toe, en My alleen sal laat staan; tog is Ek nie alleen nie,
omdat My Vader met My is.” Joh. 16: 32.
[714]