Getsemane
637
hy Hom verskeie maal gesoen, en hy het gemaak asof hy ween in
medelyde met Hom in Sy gevaar.
Jesus het aan hom gesê, “Vriend, waarvoor is jy hier?” Sy stem
was gebroke van droefheid toe Hy verder vra, “Judas, verraai jy die
Seun van die mens met ’n kus?” Hierdie woorde moes die gewete
van die verraaier wakker gemaak, en sy harde hart aangeraak het;
maar eer, trou, en menslike tederheid het van hom gewyk. Hy het
uitdagend daar gestaan, en geen teken van vriendelikheid getoon nie.
[712]
Hy het homself aan die Satan oorgegee, en hy het geen krag gehad
om hom te weerstaan nie. Jesus het nie die verraaier se kus geweier
nie.
Die bende het vrypostig geword toe hulle sien dat Judas die
lig- gaam aanraak van Hom wat net ’n rukkie tevore voor hulle oë
verheer- lik was. Hulle het Jesus nou gepak en daardie dierbare
hande wat gedurig gebruik is om goed te doen, vasgebind.
Die dissipels het gemeen dat hulle Meester nie sou toelaat dat
hulle Hom gevangeneem nie. Want dieselfde mag wat die bende teen
die grond geslinger het as dooie mense, kon hulle hulpeloos hou
sodat Jesus en Sy metgeselle kon ontsnap. Hulle was teleurgestel
en verontwaardig toe hulle sien dat daar toue tevoorskyn gebring
word om die hande van Hom wat hulle liefhet, vas te bind. In sy
woede het Petrus sy swaard uitgetrek en geprobeer om sy Meester
te verdedig, maar al wat hy uitgerig het, was om die oor van die
hoëpriester se kneg af te kap. Toe Jesus sien wat hy gedoen het,
het Hy Sy hande losgemaak, alhoewel hulle styf in die greep van
die Romeinse soldate was, en Hy het gesê, “Hou op, dit is genoeg!”
Hy het die verwonde oor aangeraak, en dit is’ dadelik genees. Toe
het Hy vir Petrus gesê, “Steek jou swaard in sy plek terug; want
almal wat die swaard neem, sal deur die swaard vergaan. Of dink jy
dat Ek nie nou My Vader kan bid, en Hy sal vir My meer as twaalf
legioene van engele beskikbaar stel nie?”—’n legioen in die plek
van elkeen van die dissipels. Waarom tog, het die dissipels gedink,
red Hy Homself en ons nie? Jesus het hulle onuitge- sproke gedagte
geantwoord deur by te voeg, “Hoe sou die Skrifte dan vervul word,
dat dit so moet gebeur?” “Die beker wat die Vader My gegee het, sal
Ek dit dan nie drink nie?”
Die offisiële waardigheid van die Joodse leiers het hulle nie belet
om aan te sluit by die bende wat Jesus gevange geneem het nie. Sy