636
DIE KONING VAN DIE EEUE
Terwyl Hy nog besig was om hierdie woorde te spreek, het Hy
die voetstappe van die gepeupel gehoor wat Hom gesoek het, en Hy
het gesê, “Staan op, laat ons gaan; hier is hy naby wat My verraai.”
Geen teken van Sy lyding was meer sigbaar toe Jesus Sy verraaier
tegemoet gestap het nie. Hy was Sy dissipels n entjie vooruit, en het
gevra, “Wie soek julle?” Hulle het geantwoord, “Jesus, die Nasa-
rener.” Toe sê Jesus, “Dit is Ek.” Toe Hy hierdie woorde sê, het
die engel wat Hom ’n rukkie tevore bedien het, tussen Hom en die
[711]
skare gekom. n Goddelike lig het die Heiland se gelaat verlig, en
die vorm van n duif het Hom oorskadu. In die teenwoordigheid
van die goddelike heerlikheid, kon die moorddadige gepeupel nie
vir een oomblik staande bly nie. Hulle het teruggesteier. Priesters,
ouderlinge, soldate, en selfs Judas het op die grond neergeval soos
dooie mense.
Die engel het hom onttrek, en die lig het verdwyn. Jesus het kans
gehad om te ontsnap, maar Hy het kalm en vol vertroue gebly. Soos
iemand wat verheerlik was, het Hy daar in die midde van daardie
geharde groep gestaan, wat nou hulpeloos aan Sy voete gelê het. Die
dissipels het toegekyk, stil van verwondering en vrees.
Maar die toneel het vinnig verander. Die bende het opgestaan.
Die Romeinse soldate, die priesters en Judas, het Christus omsingel.
Dit het geskyn asof hulle skaam was oor hulle swakheid, en bang dat
Hy nog sou ontvlug. Weer het die Verlosser die vraag gestel, “Wie
soek julle?” Hulle het bewys gehad dat Hy wat voor hulle gestaan
het, die Seun van God was, maar hulle wou nie oortuig wees nie. Op
die vraag, Wie soek julle? het hulle weer geantwoord, “Jesus, die
Nasarener. Toe het die Heiland gesê, “Ek het vir julle gesê dat dit
Ek is. As julle My dan soek, laat hierdie manne weggaan”—Hy het
gewys na die dissipels. Hy het geweet hoe swak hulle geloof was,
en Hy wou hulle beskerm van versoeking en beproewing. Vir hulle
was Hy gereed om Homself op te offer.
Judas die verraaier het nie die rol vergeet wat hy moes speel nie.
Toe die bende die tuin binnegegaan het, was hy aan die voorpunt,
onmiddellik gevolg deur die hoëpriester. Aan diegene wat Jesus
moes vang, het hy ’n teken gegee, en gesê, “Die een wat ek sal soen,
dit is Hy, gryp Hom.” Matt. 26: 48. Nou het hy geveins asof hy
geen deel met hulle gehad het nie. Hy het Jesus genader en Sy hand
geneem soos ’n ou vriend. Met die woorde, “Gegroet, Rabbi,” het