Getsemane
635
stormagtige duisternis van die krisis-uur, en die magtige engel wat in
die teenwoordigheid van God staan, en die plek beklee waaruit die
Satan geval het, het na die sy van Christus gekom. Die engel het nie
gekom om die beker uit Christus se hand te neem nie, maar om Hom
krag te gee om dit te drink, en met die versekering van die Vader se
liefde. Hy het gekom om die god-menslike Smekeling te versterk.
Hy het Hom gewys na die geopende hemele, en Hom vertel van
die siele wat sou gered word ten gevolge van Sy lyde. Hy het Hom
verseker dat Sy Vader groter en magtiger is as die Satan; dat Sy dood
die Satan heeltemal sou verslaan, en dat die koninkryke van hierdie
wêreld gegee sal word aan die heiliges van die Allerhoogste. Hy het
Hom vertel dat Hy die moeitevolle arbeid van Sy siel sou sien en
versadig sou wees, omdat Hy ’n groot menigte van die mensekinders
sou red — vir ewig red.
Christus se lyde het nie opgehou nie, maar die neerslagtigheid
en moedeloosheid het Hom verlaat. Die woede van die storm het
geen- sins afgeneem nie, maar Hy wat die doelwit daarvan was, is
versterk om die woede daarvan te trotseer. Hy het kalm en bedaard
te voor- skyn gekom. Op Sy bebloede gesig het daar ’n hemelse
vrede gerus. Hy het verduur wat geen mensekind ooit kon dra nie,
omdat Hy die angste van die dood vir elke mens gesmaak het.
Die slapende dissipels het skielik wakker geword van die lig
wat om die Heiland geskyn het. Hulle het die engel gesien wat
oor die uitgeputte liggaam van hulle Meester gebuig het. Hulle het
gesien hoe hy die Heiland se hoof oplig op sy skoot, en hoe hy na
die hemel wys. Hulle het sy stem gehoor, soos die soetste musiek,
sprekende woorde van hoop en vertroosting. Die dissipels het die
toneel op die berg van verheerliking in herinnering geroep. Hulle
het die heerlikheid onthou wat om Jesus geskyn het in die tempel, en
die stem van God wat uit die wolk gespreek het. Nou het hulle weer
[710]
daardie heerlikheid gesien, en hulle het niks meer gevrees vir hulle
Meester nie. Hy was in die sorg van God; ’n magtige engel is gestuur
om Hom te beskerm. Weer het die dissipels toegegee aan daardie
vreemde lomerigheid wat hulle oorweldig het. Weer het Jesus hulle
aan die slaap gevind.
Jesus het hulle in droefheid aanskou en gesê, “Slaap maar lan-
ger en rus. Kyk, die uur is naby, en die Seun van die mens word
oorgelewer in die hande van sondaars.”