634
DIE KONING VAN DIE EEUE
hulleself oorgelaat word, moet vergaan. Hy sien die hulpeloosheid
van die mens. Hy sien die mag van die sonde. Die wee en geween
van ’n gedoemde wêreld kom voor Hom op. Hy sien watter lot hulle
wag, en Hy neem die besluit. Hy sal die mens red, al kos dit Hom
ook wat. Hy aanvaar die bloeddoop sodat verloregaande miljoene
deur Hom die ewige lewe mag verkry. Hy het die hemelhowe verlaat,
waar alles reinheid en geluk en heerlikheid was, om die een verlore
skaap te red, die een wêreld wat in die sonde geval het. En Hy sal
nie Sy sending opgee nie. Hy sal die soenoffer word vir ’n geslag
wat moeds- willig gesondig het. Sy smeekbede getuig nou van
onderwerping: “As hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder
dat Ek dit drink nie, laat U wil geskied.”
Toe Hy hierdie besluit geneem het, het Hy sterwende op die
grond neergeval vanwaar Hy gedeeltelik orent gekom het. Waar
was Sy dissipels nou om hulle hande tederlik onder die hoof van
hulle Meester te plaas, en Sy voorhoof te baai? Die Heiland het die
wynpers alleen getrap, en van die volk was niemand daar om Hom
te help nie.
Maar God het saam met Sy Seun gely. Die engele het die Heiland
se lyding gesien. Hulle het hulle Here gesien, omring van legioene
van die sataniese magte, Sy liggaam bewende van ’n misterieuse
vrees. Daar was stilte in die hemel. Geen harp is aangeraak nie. As
ster- welinge maar die verbasing van die engelskare kon sien waar
hulle in stille droefheid aanskou het hoedat die Vader Sy strale van
lig, liefde, en heerlikheid afgesluit het van Sy geliefde Seun, sou
hulle ’n beter besef hê van die afskuwelikheid van die sonde in Sy
oë.
Die wêrelde wat nie geval het nie, en die hemelse engele het met
die grootste belangstelling toegekyk terwyl die stryd sy einde gena-
der het. Die Satan met al sy bose magte, die legioene van afvalliges,
[708]
[709]
het hierdie groot krisis in die verlossing met die grootste aandag
dopgehou. Die magte van goed en kwaad het gewag om te sien
watter antwoord daar sou kom op Christus se driemaal herhaalde
smeekbede. Engele wou baie graag verlossing bring aan die godde-
like Lyer, maar dit kon hulle nie doen nie. Daar was geen uitweg
vir die Seun van God nie. In hierdie vreeslike krisis, waarin alles op
die spel was, en toe die misterieuse beker gebewe het in die hand
van die Lyer, het die hemele oopgegaan, ’n lig het geskyn in die